Man (94) in plas bloed aangetref

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 94-jarige man is in ʼn plas bloed in sy woning in Hayfields, Pietermaritzburg, aangetref.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê paramedici het Woensdagoggend kort voor 08:00 by die bejaarde se huis in Laurencesingel opgedaag en wetstoepassers daar aangetref.

“Nadat hulle die huis binnegegaan het, het hulle die man in ʼn plas bloed in een van die vertrekke sien lê,” sê Meiring.

Paramedici het hom ondersoek en vasgestel dat hy talle beserings opgedoen het en reeds gesterf het.

Meiring sê blykbaar het die man se bure die polisie ontbied nadat hulle op sy lyk afgekom het. “Plaaslike owerhede was op die toneel om die [man se dood] verder te ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa B ·

Dis darem vreeslik om so hoë ouderdom te bereik en dan so wreed te sterf.

Willie ·

Hartverskered om te dink so n weerlose ou mens moet so wreed sterf!

BEKOMMERDE ·

Verskriklik – My ma bly ook alleen.
Maak my so kwaad as sy agterdeur ooplos en gaan rus in die middag. Die voordeur se sleutel hang ook in die deur….dink sy is veilig agter geslote straathek en veiligheidshek.
WIL AANBLY IN HUIS TOT HAAR DOOD.
Dankbaar dat broer kos aandra vir week.
Ek bly ver….

Marlene Bothma ·

My Moeder woon daar naby in Scottsville Ext. Kuier tans by ons in Centurion…veilig onder ons oe. Ons innige simpatie met sy naasbestaandes. Dis tragies skokkend hartseer…my woorde raak sommer op

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.