Man buite huis geskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man is Donderdag ernstig beseer gedurende ʼn skietery in die vroeë oggendure buite ʼn huis in Soutrivier, ʼn voorstad van Kaapstad.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het in ʼn verklaring gesê paramedici is omstreeks 00:28 met hul aankoms op die toneel na ʼn kamer in die huis geneem waar die man gelê het.

Volgens Meiring het die man ʼn skietwond aan sy nek opgedoen en was hy in dié stadium in ʼn ernstige toestand. Die man is op die toneel behandel voordat hy na ʼn staatshospitaal in die omgewing gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Die betrokke owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel, het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.