Man buite winkelsentrum in motor doodgeskiet

‘n Skermskoot uit die beeldmateriaal van die voorval wat deur veiligheidskameras vasgevang is.

Die polisie is steeds op soek na die moordenaars wat ʼn man Saterdagmiddag in sy motor in ʼn parkeerterrein van ʼn winkelsentrum in Welkom in die Vrystaat koelbloedig doodgeskiet het.

Dié skokvoorval is deur veiligheidskameras vasgevang en die ondersoekspan fynkam tans dié beeldmateriaal vir leidrade om die skuldiges op te spoor.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 17:30 in die Commando-winkelsentrum gebeur waar Shai Mikia Mohapi (54) in sy motor vir sy vrou gewag het terwyl sy in die sentrum besig was om inkopies te doen.

Twee mans het Mohapi in sy blou VW Polo genader en hom drie keer in die bors en twee keer in sy arm geskiet. In die video kan gesien word hoe die twee mans doodluiters na die motor aangestap kom, waarna een van die mans by die voertuig leun. Oomblikke daarna word Mohapi uit die motor geruk en die twee verdagtes jaag in sy voertuig weg. Mohapi is op die toneel dood verklaar.

Mohapi se vrou het eers van haar man se moord te wete gekom toe sy ná haar inkopietog uit die sentrum gestap gekom het.

Volgens Thakeng is Mohapi se motor kort ná die voorval verlate naby Diggers Inn aan die buitewyke van Welkom gevind.

Sake van moord en kaping word ondersoek. Volgens Thakeng word elke moontlike leidraad opgevolg in die soektog na die moordenaars.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om kapt. Pieter du Plessis van die SAPD se voertuigmisdaad-ondersoekeenheid in Welkom by 079 884 2179 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Michael ·

Mense! Het dit regtig gebeur of was dit net n clip waar hulle besig was om n movie te skiet?

Seeskulp ·

Vra ek ook. Dit maak glad nie sin dat hulle die kar net buite Welkom verlate sou los as hulle in eerste plek die kar wou vat nie. Daars iets meer agter dit.

Lollie ·

Vroeër jare was dit ‘apartheid’ wat hulle glo was wit teen swart. Deesdae kom almal onder skoot. In plaas daarvan dat ALMAL opstaan teen hierdie kreminele is daar nogsteeds verdeeldheid. Wie trek nou eintlik voordeel? Kreminele of sit daar dalk meer agter? Dalk ń party soos EFF of die ANC self?!
Wonder maar net!

Piet ·

Wel Lollie dan moet ons op die uitkyk wees vir hierdie mense wat almal so afmaai. Sal jy die eerste persoon wees wat kan help met bietjie “profiling”? M.b.t motor kapings wat in moord eindig, in hoeveel gevalle was die misdadiger ‘n blanke hierdie afgelope 10 jaar? Ek meen ons moet tog seker weet vir wie om op die uitkyk te wees, of nie?

Henk ·

Hoeveel moorde vind daar daagliks plaas? 50? WAAR is die sigbare polisiering van die SAPD? Besig om inkopies te doen? Besig om ministers en politici op te pas? En nou wil die SAPD/ ANC ons as wetsgehoorsame burgers ontwapen deur wetgewing te probeer verander sodat ek nie meer n wapen vir selfverdediging mag besit nie?

Nette ·

As al die misdaad maar net ‘n scene uit ‘n movie was sou daar nog soveel onskuldige mense gelewe het, maar ongelukkig is dit realiteit.
@Michael, ongelukkig is dit nie ‘n movie nie, dit is ‘n oud kollega.

Michael ·

Ai Nette . dit is so sad om sulke goed elke dag te sien . En ons regering is net as af met hierdie soort moorde. Maak liewer n groot bohaai oor sekere woorde en stuur dan mense tronk toe . Moordenaars more in die hof en dadelik weer uit om net voort te gaan met hulle nonsens.

Hoe nou....... ·

Niks verbaas my meer nie – jis dis onnodig en tien teen een vir n joy ride of bende initiation. Drie in die bors klink nie na n teiken moord nie…..?! Maar enige iets is moontlik in die land.

VanAfrika ·

Ek het dit op facebook gesien. n Wit kar het vir hulle gesit en wag. Toe hulle wegry met die kar toe ry n wit kar saam.

Avra ·

Aah. Met jou stem ek volkome saam, VanAfrika. Hul moet die wit motor se registrasie na gaan.

JAWAT ·

Iets klink af oor die storie.
Lyk meer soos n hit. Met ingekyk word iemand naby aan hom

RN ·

Nou is dit ‘n saak van moord, maar wanneer ‘n blanke geskiet word is dit net poging tot moord… Of diefstal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.