Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê paramedici is omstreeks 7:50 Sondagoggend na die sirkus in Beyers Naudé-rylaan ontbied.
Hy sê ‘n tier by die sirkus het glo uit sy hok ontsnap en een van die sirkus se werkers aangeval.
Botha sê die man het erge byt- en snywonde aan sy bors en nek opgedoen.
Hy sê die man is op die toneel gestabiliseer voor hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
*Wat gebeur met die tier?? Hys gebore om te jag. Nie in n klein hokkie te sit met n stok wat hom intoom hou nie.
Ek hoop regtig nie hulle maak die tier dood nie! Sirkusse moet verbied word om diere in toertjies te gebruik!
Ek sal julle ook byt! Los die diere waar hulle hoort. Nou is die arme tier seker weer die vark in die verhaal………………… Hoop julle almal kry ‘n pyn waar julle dit nie wil hê nie en dit veroorsaak dat julle vir maande nie kan sit nie !!!
Weereens: Feit: Wilde diere hoort NIE in sirkusse maar in die wild. Ek haat sirkusse! Die mens wat wilde diere misbruik en inspan vir hul eie selfsugtige genot!
Tiere en alle ander diere hoort nie in sirkusse nie.