Man dood, 2 beseer in trompop botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Jong man is Vrydag dood en twee ander mense is beseer in ʼn botsing reg van voor op die R562 in Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn motor en ʼn vragmotor het in Mnandi, noord van Johannesburg, gebots. Volgens Meiring was die bestuurder van die motor in die wrak vasgekeer. Die man, in sy 20’s, het reeds aan sy beserings beswyk.

“Die twee insittendes van die vragmotor was ook vasgekeer en in ʼn kritieke toestand,” het Meiring gesê. Hulle moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Albei beseerdes is per helikopter na nabygeleë hospitaal vervoer vir mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.