’n Man is Sondagoggend van sy besittings beroof en toe doodgesteek in Winstonstraat in Mayfair Park, Johannesburg.
Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het sekuriteitspersoneel die man, vermoedelik 30 jaar oud, omstreeks 06:20 aangetref waar hy in die straat gelê het.
Die man het egter reeds aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.
Die man se broer is ook gedurende die voorval aangerand. Hy is na die Helen Joseph-hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling, het Campbell gesê.
Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.
Maroela Media wag op terugvoer van die polisie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Tog snaaks dat die misdaad toeneem net voor die verkies.
Ek het nie woorde nie. Sterkte aan die oorledene jongman se familie. Jammer vir julle verlies. Ek bid dat die ander broer vinnig sal herstel.
Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel….kan my net indink!
Wonder wat was die gevolgtrekking…gelukkig leef die broer om n verklaring te gee,anders het ek nie geweet wat sou word nie.
SAPD gaan nou seker die oorlewende broer vir die moord blameer. dis mos maar omtrent die standard procedure, veral as die slagoffer wit is: blameer eenvoudig n wit naasbestaande.
Suid Afrika onder die ANC is wilder as woeste weste movies. Pateties. Ons het toe gegee met die hoop dat ons nou ‘n beter land sal word vir almal. Dis net die omgekeerde. Ons moet aanhou bid. Dis ons enigste hoop.