Man sterf nadat hy glo onder bakkie beland

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 23-jarige man sal Dinsdag in die Knysna-landdroshof verskyn nadat hy glo Sondag in die vroeë oggendure met sy bakkie oor sy vriend gery het.

Kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het omstreeks 01:50 in Langstraat, Knysna, agter die stuurwiel van sy Colt-bakkie gesit. Hy het sy 22-jarige vriend, Jared Lomas, wat langs die bakkie gestaan het aan sy kraag gegryp en weggetrek terwyl hy steeds aan hom vasgehou het. Lomas het onder die bakkie se wiele beland.

“Hy is na ʼn hospitaal in die omgewing gehaas, maar is met sy aankoms dood verklaar,” het Steyn gesê. Die bestuurder van die bakkie is enkele ure later by sy huis in hegtenis geneem op ʼn aanklag van moord.

Steyn het gesê dit is nie in hierdie stadium duidelik of die bestuurder ʼn grap wou maak en of die twee mans in ʼn rusie betrokke was nie. “Die omstandighede van die voorval sal deel vorm van die polisie se ondersoek,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Peet Schabort ·

Wat ‘n dom ding om te doen. As ek met ‘n vuurwapen speel en ek skiet iemand dood ? Is dit ‘per ongeluk’ ?
Hy moes by sy huis gehaal word, dus het hy aanhou met ry. Seker nie ‘agtergekom’ hy ry oor hom ?
NONSENS MAN !!
Die ‘ongeluk’ is moord, wat anders ? Natuurlik, sonder getuies, sal hy sê dit was ‘n ou grappie.
Glo ander kan leer hieruit.

Winston ·

Wat n dom onnosel arrogante “grap”. Twak man. Dis opsetlik gedoen. Moord en klaar. Hy moes die moontlikheid voorsien het.

spoetjies ·

Hoe gryp ‘n regdenkende mens jou vriend aan die kraag en trap dan die petrol? Common Sence leer jou dis ‘n dwase aksie om te neem.

Heidi ·

Die berig is nie korrek nie. Jared Lamos is die een wat oorlede is.

Phillip ·

Dagsê Heidi

Baie dankie vir die terugvoer. Ons het die berig gewysig.

Vriendelike groete.

Phillip Bruwer (Namens Maroela Media)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.