Man dood op gebou se dak gevind

Foto: ER24

Die liggaam van ʼn jong man is Saterdag net voor 08:00 op die dak van ʼn woonstelgebou in Marshalltown, Johannesburg, gevind.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê paramedici en beamptes van die plaaslike brandweerdienste is na die toneel ontbied. “Volgens ’n omstander het mense naby die boonste verdieping van ʼn gebou die man onder op die dak sien lê en die veiligheidswagte geroep om ondersoek in te stel,” sê Vermaak.

Die brandweer moes paramedici help om toegang tot die man te verkry. By nadere ondersoek het paramedici gevind dat niks vir hom gedoen kon word nie en hy is dood verklaar.

“Dit kom voor asof die man uit een van die verdiepings van ʼn gebou geval het,” sê Vermaak. Die presiese oorsaak van sy dood sal egter deur ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word.

Die polisie sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.