Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die egpaar het op die M13 gery toe die man vermoedelik beheer verloor het en die motor teen ‘n grondwal af gerol het.
Botha sê die man was in die wrak vasgekeer. Hy is op die toneel dood verklaar.
Botha sê die vrou kon daarin slaag om uit die wrak te kruip. Sy is deur paramedici op die toneel behandel voor sy na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.