Man doodgeskiet voor sy huis in PE

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Die polisie is op die spoor van ʼn moordverdagte wat Saterdagmiddag ʼn 33-jarige man voor sy huis in Windvogel digby Port-Elizabeth in die Oos-Kaap doodgeskiet het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê Jonathan Groves het Saterdagmiddag omstreeks 13:30 saam met twee ander mans buite sy huis gestaan toe ʼn wit VW Polo verby sy huis gery het. Die insittende van die voertuig het by die venster uitgeleun en op Groves en die ander twee mans begin losbrand.

Groves is ʼn talle kere raakgeskiet. Hy het onderweg na die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Volgens Naidu is ʼn saak van moord aanhangig gemaak.

Enigeen met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die moordverdagte kan lei, kan die Gelvandale-speurders in Port Elizabeth by 041 402 2050 kontak of die misdaadnommer skakel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jaco ·

mens ry nie net verby en skiet sommer net nie. was daar ‘n motief? Dalk iemand wat iets teen die oorledene gehad het?

Amatambo ·

Die Amerikaners van weleer het dit “TRIGGER-HAPPY” genoem…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.