Man gee hom oor ná kind (10) se dood

Argieffoto: Andy03, Pixabay

’n Man van Mpumalanga is agter tralies nadat hy hom aan die polisie oorgegee het in verband met die moord op ’n tienjarige seun.

Die kind is sowat ’n week gelede ná ’n sokkerwedstryd doodgeskiet.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê ’n sokkertoernooi is verlede Sondag by die sportterrein in Mhluzi aangebied. Enkele mense, onder wie die kind, het ná die wedstryde nog op die sportterrein rondgestaan toe ’n geweerskoot klap.

Die jong seun het dadelik na die grond geval. Die nooddiens is na die toneel ontbied waar die seun met ’n skietwond aan sy kop aangetref is. Hy is op die toneel dood verklaar.

Mohlala sê die polisie het die afgelope week inligting ontvang oor ’n moontlike verdagte. Dié verdagte het hom Vrydagoggend aan die polisie oorgegee.

Die 41-jarige man sal Maandag in die landdroshof in Middelburg op aanklagte van moord verskyn.

Die motief is in die stadium nog onbekend.

“Dit is jammer dat mans wat veronderstel is om te verseker dat kinders veilig is, toevallig diegene is wat dikwels hierdie misdade pleeg. Ons hoop dat geregtigheid vir die slagoffer se familie sal geskied,” sê lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.