Man geskiet tydens chaos ná begrafnis  

(Foto: SA Polisie)

ʼn 31-jarige man sal na verwagting Maandag in die Emalahleni-landdroshof in Mpumalanga verskyn in verband met die moord op sy vriend.

Die verdagte en ʼn 24-jarige vriend het Saterdag ʼn begrafnis in Clewer naby Witbank bygewoon. Daar het glo kort ná die begrafnis ʼn hewige onderonsie tussen die twee ontstaan wat tot die skietery gelei het, het brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, gesê.

Die verdagte het die vriend ná die skietery in sy motor gelaai en hom na ʼn winkelsentrum daar naby geneem waar die nooddienste teenwoordig was. Die verdagte het toe verdwyn. Volgens Hlathi het die verdagte homself egter Sondag aan die polisie oorgegee en ook ʼn vuurwapen ingehandig wat glo in die skietery gebruik is.

Die geleentheid wat na afloop van die begrafnis gehou is, het intussen ook in chaos ontaard toe polisiebeamptes die groep aangespreek het oor daar nie aan regulasies in verband met die dra van maskers en sosiale distansiëring voldoen is nie. Polisiebeamptes is uitgejou en polisievoertuie is met bierbottels bestook.

“Die polisie in Mpumalanga waarsku gemeenskappe om aan die inperkingsregulasies gehoor te gee en om nie die polisie te verhoed om hul werk te doen nie,” het Hlathi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Casper ·

Hoekom is die mense nie gearresteer nie.Polisievoertuie is met bierbottels gegooi,dit opsigself is opsetlike saakbeskadiging.Kan brigadier Hlati vir ons verduidelik of is dit weer dubbele standaarde.

Francois ·

Ek stem. Hoekom is niemand gearristeer maar Cele is vinig om mense wat op strande betoog te wil arresteer. Hy moet terug gaan skool toe en ordentlikke opleiding kry

Frank ·

Nou Francois, wat laat jou dink dat hy ooit al die binnekant van ‘n skool gesien het???

Mauritz ·

Man kom erg aangeklam by die huis van begrafnis af. Vra sy vrou hom: “Hoe was die begrafnis?” Antwoord hy: “Baie lekker. Ons het 6 polisievoertuie met bierbottels stukkend gegooi.”

Wielspore ·

Drankmisbruik is die bron van sulke optrede, ons het self die naweek so ‘n slegte ervaring by ‘n petrol stasie gehad waar ‘n bestuurder van ‘n voertuig parkeer op die plek waar brandstof ingegooi word net om by die winkel in te stap en ys te koop en daarvoor te betaal, dan terugkeer na sy motor en die ys tussen sy drinkgoed inmeng terwyl dit spitstyd is en mense wag om brandstof in te gooi. Hy is daar weg met sy dronk lyf en wys vir die mense middel vinger. Arrogant van al die drank.

Ronel ·

En spreek jy hom aan, is JY die verkeerde ene. Drank is mos baas in baie se lewens

Jedi Knight ·

Moet hom nie aanspreek nie. Stap langs sy kar verby en krap dit ongesiens.

Nie Verbaas ·

En dit ANC regering is die gevolge van julle ideologie.

Pieter ·

Volgens die EFF is Covid-19 se probleem dat die polisie nie teen wit regulasie verbreekers optree nie. Duidelik bog soos deur hierdie gebeure uitgewys. Daar moet baie van sulke gevalle wees.

nicolaas ·

Watter tipe mense neem bierbottels en vuurwapens na n begrafnis?

Keith ·

Covid is apparently turning some funerals into beerbottle throwing sports events. Wow. This is both seriously sick and funny at the same time.

JM ·

Wetteloosheid is aan die orde van die dag: ‘n opvoedingsprobleem!

Genis ·

Ou Cyril “your people” man… no discipline nor respect… Die “our people” is so uit beheer, hulle dink hulle is in beheer….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.