Man gevonnis vir moord op eie seun

Konst. Johan Saayman, die ondersoekbeampte, met adv. Megan Blows, die staatsaanklaer, in die Wes-Kaapse hooggeregshof. Foto: Verskaf

ʼn Man van Avian Park in Worcester is twee lewenslange vonnisse opgelê vir die verkragting van en moord op sy minderjarige seun.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê Charles Witbooi (38) is verlede jaar in hegtenis geneem nadat sy seun ná die verkragting en erge aanranding by ʼn hospitaal gesterf het. Die presiese ouderdom van die kind kon nie onmiddellik bevestig word nie.

Volgens Van Wyk was daar op 29 Mei verlede jaar skermutselings in Avian Park tussen lede van onderskeidelik die JCY- en die Uitbyters-bendes. Die betrokke aand omstreeks 18:00 het personeellede van ʼn plaaslike hospitaal die polisie ingelig dat ʼn jong seun by die hospitaal gesterf het – glo nadat hy betrokke was by die bendegevegte wat die oggend plaasgevind het.

Van Wyk sê konst. Johan Saayman het die seun se dood begin ondersoek en dadelik vermoed iets is nie pluis met die pa se weergawe van gebeure nie. “Die seun se pa het beweer die Young Red Criminals-bende het sy seun met klippe bestook terwyl hy besig was om die kind van die toneel weg te dra,” het Van Wyk gesê.

Die pa se verduideliking oor waar die beweerde voorval plaasgevind het, het egter vrae by die speurder laat ontstaan en hy is in hegtenis geneem.

“Gedurende die ondersoek het konst. Saayman ontdek dat die kind erge beserings aan sy lyf opgedoen het. Die kind het ook ernstige beserings aan sy interne organe gehad.”

Witbooi is gevolglik Vrydag skuldig bevind op aanklag van moord, verkragting, ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer en opsetlike saakbeskadiging. Hy is twee lewenslange vonnisse opgelê op aanklagte van moord en verkragting, een jaar tronkstraf op aanklag van aanranding, twee jaar tronkstraf vir ontvoering en drie maande tronkstraf vir opsetlike saakbeskadiging.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris van die Wes-Kaap, het die ondersoekbeampte in die saak geloof vir sy harde werk om die ware gebeure aan die lig te bring en ʼn skuldigbevinding te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jozi ·

Konstabel Saayman, ek is super trots op jou. Mag jy elke dag n inspirasie wees vir jou mede kollegas.
Dit getuig van toewyding asook ‘n passie vir jou beroep.
Hartseer oor die kind se tragiese omstandighede en dood.

Johan H. ·

Moet asb nie dat korupsie en luigatgeit asook swak disipline,jou beetkry nie, Inspereer asb ,,, veral hierdie nuwe rekrute ,,,positief,. Sterkte yster!

Krewel ·

Kan MM meer info verskaf? Hoe is bewys dis die pa wat die kind se dood veroorsaak het? Die berig is baie vaag.

nozi ·

het my ook opgeval. nou word die KONSTABEL se gutfeeling besing. wat as hy verkeers was? wie sê die pa was nie aangerand en gemartel om skuld te erken nie?

Verstom! ·

Hoe doen mens dit aan jou eie kind???? Of aan enige iemand?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.