Man gevonnis vir verkragting van seuntjie

Argieffoto

’n Jong man van Cala in die Oos-Kaap is Vrydag in die plaaslike landdroshof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy sesjarige nefie.

Luxolo Tyali, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die man (21) het verlede jaar ten tyde van die verkragting ’n slaapkamer met die kind gedeel.

’n Familielid het die oggend van 21 Februarie 2019 opgemerk dat die seuntjie sukkel om te loop en duidelik in pyn verkeer. Die betrokke familielid het die kind hieroor uitgevra waarna hy verklap het dat hy deur sy ouer nefie verkrag is.

Die familielid het die beskuldigde gekonfronteer waarna dié weggehardloop het.

“Die seuntjie is toe na ’n dokter geneem wat bevestig het dat hy seksueel misbruik is. Die saak is by die polisie aangemeld en die oortreder is in hegtenis geneem.”

Volgens Tyali het die jong man onskuldig gepleit op die aanklag van verkragting teen hom en voet by stuk gehou dat hy die aand van die voorval nooit aan die kind geraak het nie.

’n Mediese verslag was egter deurslaggewend in die man se skuldigbevinding. Sy ouderdom en die feit dat hy ’n eerste oortreder is, het ’n versagtende rol in die vonnis gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Hoekom de hel is daar versagtende omstandighede waar ‘n sesjarige kind verkrag word! Die verkragter het PRESIES geweet waarmee hy besig was! Die kind se lewe is verwoes en hy kry strafversagting. Pateties!

Maria ·

Dis is asof hul sê dis nie so erg omdat dit sy eerste oortreding is nie. Verdomp staf die wetter. Laat hy die eerste keer sy les Leer, hy gaan dit net weer en weer doen as hy nou al met versagtende straf weg kom.

Jakes ·

Verklaar hom n gewoonte misdadiger en ook dat hy n gevaar vir die samelewing is. Dit daad wat hy gepleeg het kan nie n persoon wees wat verstandelik gesond is nie. Daar is geen perke aan hierdie siek mense wat daagliks tussen ons beweeg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.