ʼn 25-jarige man van Manguzi in KwaZulu-Natal is skuldig bevind aan die moord op sy 83-jarige oupa.
“Sazi Gumede is Vrydag in die Ingwavuma-streekshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, Maandag in ʼn verklaring gesê. “Hy is ook ongeskik verklaar om ʼn vuurwapen te besit.”
Gumede en sy oupa, Majabula Gumede, het verlede jaar op 19 Februarie omstreeks 19:30 met mekaar begin stry. “Gumede het sy oupa met ʼn ratslot aangerand. Daarna het hy sy oupa keelaf gesny,” het Zwane bygevoeg. Sy oupa is op die toneel dood.
Gumede is op die toneel in hegtenis geneem en aangekla van moord.
Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom. Sy het die polisiebeamptes wat die saak ondersoek het geloof dat hulle die saak so goed ondersoek en die nodige bewyse ingesamel het.
15 jaar is te min – hulle moet die doodstraf terug bring !!!
Hy moet ten minste 25 jaar sit!!! Hy het nie net sy oupa aangerand nie, maar ook SY KEEL AFGESNY!! Dit wys jou: Hy dink minder van sy oupa as van ‘n dier!! Wat sal hy met vreemdes aanvanag met wie hy in ‘n argument betrokke raak???
Kan ‘n mens sonder om te blik of te bloos sommer net so jou oupa se keel af sny en dit omdat jy vir hom kwaad is. Dit klink vir my maar baie barbaars. 15 jaar is hopeloos te min, lewenslank is dalk ‘n beter opsie.
Persoonlik dink ek dat so ‘n wrede persoon permanent uit die samelewing verwyder moet word