Michael Gouws (27) van Prieska in die Noord-Kaap, is tot 13 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vriend.
Lees meerAlles vir Dinsdag 31 Maart 2015
Vuurwapenlisensies word nie afgehaal nie
Nagenoeg 1 600 vuurwapenlisensies wat goedgekeur is, is nog nie by die polisie in Kimberley in die Noord-Kaap afgehaal nie.
Zuma verleng Kongo-ontplooiing
Pres. Jacob Zuma het die ontplooiing van Suid-Afrikaanse soldate in die Demokratiese Republiek van die Kongo, die Suider-Afrikaanse- en Indiese Oseaan-kus en Soedan verleng, het die presidensie Dinsdag gesê.
Paramedici glo teen hul sin aangehou by hospitaal
Twee paramedici van Rescue Care is Dinsdagoggend teen hul sin by die King Edward-hospitaal in KwaZulu-Natal aangehou.
ToekomsVenster: Reageer op God se teenwoordigheid
As beeld van God is ons mense wat op God se teenwoordigheid reageer. Ons reageer deur God se bekendmaking te erken en om te luister.
Sanral se ‘geheime’ Kaapstad-tolplanne bekend
Die stad Kaapstad kan nou, danksy ʼn uitspraak in die Bloemfonteinse hoogste hof van appèl, Sanral se sogenaamde “tolgeheime” aan die publiek bekend maak.
Vrou val na haar dood by Voortrekkermonument
ʼn Vrou, vermoedelik 55 jaar oud, het Vrydagmiddag na haar dood by die Voortrekkermonument in Pretoria geval.
ʼn Boom se bas is soos ʼn baadjie
Dr. Benedict Odhiambo, ʼn Keniaan wat ʼn studie gemaak het van die skade wat brande kan aanrig aan die groei en oorlewing van inheemse én kommersieël aangeplante bome in die Wes-Kaap as deel van sy PhD studies in Boskunde aan die Universiteit van Stellenbosch, het bevind ʼn boom se bas is soos ʼn hittewerende baadjie.
Thandi Maqubela toon ‘waansinnige neigings’
Die veroordeelde moordenaar Thandi Maqubela het waansinnige neigings en ʼn tekort aan empatie tydens haar moordverhoor vertoon, het die Wes-Kaapse hooggeregshof Dinsdag tydens haar vonnisoplegging gesê.
Oos-Londen: Raadslid skiet glo seun tydens voorval van huishoudelike geweld
ʼn Raadslid van die Buffalo City-metro in Oos-Londen in die Oos-Kaap moes glo Sondag noodgedwonge sy 26-jarige seun in albei sy bene skiet in ʼn poging om sy eiendom en lewe te beskerm.
Video: Só stryk jy – sonder ‘n strykyster!
Dis gewoonlik ‘n petalje as jou strykyster nie wil werk nie, of as jy iewers dalk sonder ‘n strykyster gestrand sit.
Eskom-voorsitter bedank
Zola Tsotsi, Eskom se voorsitter, het Dinsdag bedank.
Resep: Ouma Nakkie se groenboontjies
‘n Groenboontjie-bygereg net soos jou ouma dit altyd voorberei het.
Chabane-ongeluk: Trokdrywer kry borg
Die vragmotorbestuurder wat betrokke was in die botsing waarin Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, sy bestuurder en lyfwag dood is, is Dinsdag borgtog van R5 000 toegestaan.
Herrie oor beweerde krieket-politiekery; KSA gaan verkla word
Fikile Mbalula, minister van sport, verwerp bewerings dat hy ingemeng het in die samestelling van Suid-Afrika se span vir die halfeindstryd teen Nieu-Seeland in die krieket-wêreldbeker.
Luister: Jakkals en Leo is ʼn duo-wenresep
Kevin Leo en Jakkie Louw, twee van Suid-Afrika se gewildste sangers, is weer saam op die verhoog met hulle duo-projek Jakkals en Leo.
Weerlig slaan beeste dood in Mpumalanga
Die karkasse van 24 beeste wat Saterdag in die Drakensberg in Mpumalanga deur weerlig doodgeslaan is, gaan in die veld gelos word vir wilde diere om te eet, het Beeld Dinsdag berig.
Tuisonderrig van albei kante bekyk
Tuisonderrig is ʼn veelbesproke onderwerp met baie wat vir of teen hierdie manier van leer is, maar kenners is dit eens dat daar voor- én nadele aan tuisonderrig is.
Plaasaanvaller wat bejaarde verkrag kry 22 jaar
ʼn 19-jarige man is Maandag in die streekhof in Ladysmith, KwaZulu-Natal, gevonnis nadat hy op Valentynsdag verlede jaar ʼn bejaarde vrou in haar plaashuis verkrag en beroof het.
Vermiste Kaapse speurder dood gevind
Gert Marais (44), die forensiese speurder van Kaapstad wat op 14 Desember spoorloos verdwyn het, se liggaam is gevind.