Man in hof oor onwettig handel in sigarette

Die sigarette waarop die polisie beslag gelê (Foto: Verskaf)

Die 27-jarige man wat in hegtenis geneem is vir die verkoop van onwettige sigarette, gaan Donderdag in die Lephalale-landdroshof in Limpopo verskyn.

Dit volg na die man Maandagmiddag in Lephalale (Ellisras) se middedorp in sy winkel in hegtenis geneem is.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het die man se handlanger daarin geslaag om weg te kom. Die polisie is steeds op sy spoor.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het ʼn wenk uit die gemeenskap opgevolg en in die man se winkel op onwettige sigarette van nagenoeg R750 000 beslag gelê. Die winkel is glo net ʼn paar straatblokke van die polisiekantoor op die dorp.

British American Tobacco South Africa (Batsa) het vroeër gesê die verbod op die verkoop van sigarette gaan 11 miljoen rokers dwing om buite hul woonbuurte na winkels te soek wat bereid is om  die verbod te ignoreer.

Batsa het ook gesê die verbod kan onbedoeld bydra tot die onwettige handel van tabak aangesien rokers heel waarskynlik onwettige produkte gaan koop.

Hy het ʼn beroep op die regering gedoen om die verbod op die verkoop van sigarette op te hef en die verkoop daarvan saam met ander noodsaaklike goedere toe te laat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek het begrip en empatie op alle negatiewe uiterkings van drank en sigarette. Die gebruik van beide het uiters negatiewe gevolge op gesondheid, misdaad, sosiaal, geweld en dies meer.

Die verbod op die verkoop en gebruik van alkohol (VSA 1920 tot 1933) het geleer dat dit nie die bedoelde uitwerking gehad het nie. Inteendeel dit het onder andere massiewe agterstraat verkope in die “speakeasies” tot gevolg gehad.
Mense sal drink as hulle wil. Selfde met rokers.
Ek woon in stil middelklas woonbuurt. As ek egter drank of sigarette wil koop hoef ek net ‘n paar straatblokke nader aan die treinspoor te gaan en voila. Miskien duurder maar heel maklik verkrygbaar.
Ek kan selfs per WhatsApp bestel en dit word afgelewer. Het pryslys ongevraagd op my foon gekry.
Ek glo nie SAPS is enigsins opgewasse teen die onwettige verkoop nie.

katerinadiekat ·

Dir regering verdien om hope geld te verloor deur hul sadistiese verbod op sigarette.

Louwrens ·

Daan ek stem saam jou, kyk maar na die “Moonshiners” daar is altyd n manier.
Ek gaan maar vir myself gemmerbier of pynappel bier maak – lol !!!!

Cherokee ·

LOL Louwrens, ek oorweeg dit self om Maroela se resep vir pynappel bier te toets. Terloops, interessant dat gemmerbier een woord is in Afrikaans wat nie die geval is met pynappel bier, terwyl dit so behoort te wees. Miskien moet die blaam gelê word voor die deur van die speltoetsers wat ons gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.