ʼn 68-jarige man van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo die departement van openbare werke uit meer as R15 miljoen bedrieg het. Dít nadat hy ʼn ooreenkoms met die departement aangegaan het om 19 onderdakparkeerplekke aan die polisie in Pietermaritzburg te verhuur.
Lede van die Valke in Durban het op Pragasen Pillay toegeslaan omdat hy glo net ses van die beloofde 19 parkeerplekke verskaf en steeds vir die volle bedrag van R15 260 689 geëis het.
“Hy het Dinsdag in die Durbanse hof vir gespesialiseerde misdaad verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat,” het kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê.
Die saak is uitgestel tot 7 Mei, wanneer Pillay weer in die hof sal moet verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
15 Million for parking!!
Honestly, this is just too much for me to handle today.
Lees ek reg: amper ‘n miljoen per parkeerplek?
Goeie besigheid, moet ek sê.
Net R5 000 vir borg? Nadat hy meer as R15 miljoen uit die polisie bedrieg het? Something doesn’t add up here…
Ons Prez het onlangs benadruk dat SA nie n’n Banana Republic is nie. Hy is korrek. Teen ‘n Rmil vir ‘n parkeering is ons ‘n bonafide 100% dinki dai KORRUPTE Banana Republic. Met ‘n Korrupte polisie bevel. Glo my die ooreenkoms is nie met ‘n konstabel gesluit nie. Follow the money!!
Die land van melk en heuning. Die enigste land waar jy die Polisie uit 15 Miljoen kan bedrieg en weg kom daarmee. Hehe