Man in hof vir besit van liggaamsdele

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn 25-jarige man sal na verwagting Maandag in die Molopo-landdroshof in Mmabatho in Noordwes verskyn vir die besit van menslike liggaamsdele.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die man is Saterdagaand in die Montshiwastad-nedersetting, digby Mahikeng, vasgetrek.

Sy inhegtenisneming volg nadat lede van die blitspatrollie inligting ontvang het dat die man glo sy ma vermoor het en haar kop in ʼn sak ronddra.

“Tydens die verdagte se inhegtenisneming het hulle die sak in sy besit gevind. Die sak is deursoek en die kop van ʼn mens is daarin gevind,” sê Mokgwabone.

Mokgwabone sê die verdagte het glo erken dat hy sy ma verlede Maandag in Hercules in Pretoria vermoor het.

Nadat die verdagte vandag in hof in Noordwes verskyn, sal hy na Pretoria geneem word om daar op aanklag van moord tereg te staan.

Die motief vir die moord is in hierdie stadium nog nie bekend nie en die polisie se ondersoek duur voort.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het die lede van die polisie geloof vir hul vinnige optrede wat tot die man se inhegtenisneming gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Melanie ·

Hy is gevaar vir samelewing. Hoop hul verloor die sleutel

Jakes ·

Elke dag word die vorige dag se bizare gedrag oortref. Daar is net geen perke tot wat mense meer in staat is nie.

Ria ·

Dis kommerwekkend om te dink daar is mense wat nog in toordokters en moeti (soos liggaamsdele) en tokkelossies glo. Hulle sit ook in die parlement

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.