Man in hof wat kollega glo omry, voertuie beskadig

(Foto: SA Polisie)

ʼn 36-jarige werknemer van die Polokwane-munisipaliteit het Woensdag in die hof verskyn op aanklag dat hy ʼn wetstoepasser omgery en sewe motors beskadig het.

Walter Madubanya se aansoek om borgtog is in die Polokwane-landdroshof afgekeur. Hy moet op 22 September weer in die hof verskyn, het kol Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Hy het homself op 7 Augustus 2020 in ʼn munisipale vragmotor toegesluit en hy het gewelddadige gedrag getoon. Toe ander werknemers wou ondersoek instel, het hy skielik begin ruk, en ʼn hele paar keer oor ʼn 55-jarige wetstoepasser van die munisipaliteit gery. Die wetstoepasser is ernstig beseer en is na ʼn hospitaal geneem. Hy het later aan sy beserings beswyk.”

Madubanya staan tereg op aanklag van moord en opsetlike saakbeskadiging.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Velskoen ·

@maroelamedia, meeste van ons het via whatsapp twee videos oor hierdie voorval ontvang, en in die laaste deel van die 2de video kon daar duidelik gesien word hoe die polisieman ‘n skoot afvuur op die man in die vragmotor nadat dit gebots het, en volgens wat ek kon sien, getref het. Hoekom hoor ons niks van die deel van die voorval nie ? Ander nuusagentskappe het genoem dat die polisie ontken dat die man getref is tydens die skietery voor die botsing. Wil graag weet of julle die 2de video gesien het en of julle ‘n opinie het daaroor.

Driekus ·

Ja ek het ook die deel gesien en gesien hoe na die skoot afgevuur is daar bloed teen die trok se deur afgevloei het. Hulle se mos hulle het die muur geskiet en die patroon toe eers van daar af die man getref het. Tel dit nie steeds as raakgeskiet nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.