Man in Pretoria raakgery

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Man, in sy 50’s, het verskeie beserings opgedoen toe hy Woensdagmiddag in Centurion deur ʼn voertuig getref is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 16:30 in Erasmia plaasgevind.

“ʼn Voertuig het na bewering in trurat uit die oprit van ʼn huis gery toe dit die man getref het. Die man is met ernstige borsbeserings aangetref toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Vermaak gesê.

Die man is op die toneel gestabiliseer en na die Kalafong-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris Ws ·

Ek het elke keer wanneer ek in tru rat uit ‘n parkeering beweeg ‘n probleem met voetgangers wat summier voor my bewegende voortuig inloop.Dis ‘n groot probleem.Van hulle WIL raakgery word sodat hulle van die Pad Ongelukke Fonds kan geld eis.Ander is bloot nie gepla nie.

Voetgangers... ·

Voetgangers in woonbuurte is n groot peobleem. n Bestuurder kyk so goed hy kan, maar waarom dink die voetgangers hulle kan aanhou loop as hulle n voertuig sien in tru-rat by n erf uitry.
Staan stil en WAG tot die persoon in die voertuig jou sien.
Of
Loop vinniger om agter die voertuig(blindekol) uit te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.