Man in sy slaapkamer doodgeskiet

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Andri Tambunan / AFP)

ʼn 61-jarige man van Alexandria in die Oos-Kaap is Woensdagaand in sy slaapkamer doodgeskiet.

Lungile Irvin Qandana het glo gelê en slaap toe ʼn onbekende aantal mans omstreeks 22:30 toegang tot sy huis in Strelitziaweg verkry het. Die man se seun en twee vriende het glo in die woonkamer gesit en gesels en is na bewering met vuurwapens aangehou terwyl een van die verdagtes na Qandana se slaapkamer gehardloop het.

Ao. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer – ʼn man wat vroeër ʼn dubbele amputasie ondergaan het – se seun en dié se vriende voer aan dat hulle drie skote in die slaapkamer gehoor het. Qandana het skietwonde aan sy bolyf opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die verdagtes het glo gevlug en is steeds op vrye voet.

Die polisie versoek enigeen met inligting oor die voorval om die polisie by 046 653 0095 te skakel. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Harley Davidson ·

Hoe kan enige iemand die polisie help met so ‘n swak beskrywing van die moordenaars.

Grassie ·

Hierdie storie klink verdag. Ek hoop die polisie ondersoek alle moontlikhede deeglik.

miche ·

Stuur die oorlewendes vir
” traumaberading ” , die waarheid sal wel uitkom.

Frederik C ·

Moontlik, glo, miskien , vermoedelik……. Woorde wat vrae laat indien dit in ‘n berig gebruik word.

Danie ·

En hy kon nie eers weghardloop nie.O wee God beskerm ons in die misdaad hool waar ons leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.