
Argieffoto: SAPD/Facebook
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê die man se 22-jarige verloofde moes hom by die werk opgelaai het. Sy het egter nie opgedaag nie en ʼn familielid het vir hom ʼn saamrygeleentheid gegee.
Volgens Janse van Rensburg het die man in die huis probeer kom, maar daar was geen antwoord nie waarna hy ʼn venster gebreek het om toegang te kry. Die man het hierna op sy verloofde se liggaam in die sitkamer afgekom. Die kinders, ʼn vyfjarige seuntjie en ʼn ses maande oue babadogtertjie, se liggame is in ʼn kamer gevind.
Janse van Rensburg het gesê die man is op die toneel deur paramedici vir skok behandel. Die oorsaak van die vrou en kinders se dood sal met nadoodse ondersoeke bepaal word. Die ondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Waarom?
Dis vreeslik, wat n skok, goeiste, die arme man. Ek wonder was dit n inbraak of iemand wat hulle geken het? Ai, die ou kleintjies is nog so klein. Watse n ongevoelige mens. Hoop hulle kom agter die kap van die byl en vang hierdie persoon.
Hoekom die kinders en weerlose vroue. Hoop die persoon word vasgetrap.
Dit is feitlik ondenkbaar dat enigiemand tot so’n barbaarse vlak kan daal om ‘n vrou en twee kinders te vermoor.Geen wonder die arme man is in skok nie.
Baie hartseer om te lees.
Ek wonder maar net as hy nie kon inkom nie en n venster moes breek beteken dit die huis was gesluit. So dit lyk vir my na die ma wat die kinders doodgemaak het en toe selfmoord gepleeg het.
Hoe ook al dis baie hartseer en sterkte vir die verloofde/pa