Man kritiek na metaalpype op hom val

Reddingswerkers spook om die man onder die metaalpype te bevry. (Foto: Netcare 911)

’n Man is Dinsdagmiddag in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal gehaas nadat ’n rak vol metaalpype by ’n fabriek in Durban meegegee en op hom geval het.

Die voorval het omstreeks 12:00 in Aloefield-singel in Springfieldpark plaasgevind.

Paramedici van Rescue Care is saam met ander privaat ambulansdienste na die toneel ontbied waar hulle die man, vermoedelik in sy 30’s, vasgekeer onder verskeie metaalpype aangetref het.

Die man is deur paramedici gestabiliseer terwyl lede van die plaaslike brandweer gespook het om die man van onder die metaalpype te bevry.

’n Lugambulans is na die toneel ontbied waarna die pasiënt na ’n hospitaal gevlieg is vir mediese behandeling.

“Die gebeure wat tot die voorval gelei het, is in dié stadium onbekend, maar die Suid-Afrikaanse Polisiediens was op die toneel en sal verder ondersoek instel.”

Die lugambulans wat die man na ‘n hospitaal vervoer het. (Foto: Netcare 911)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Deon ·

Dit is n werks ongeluk, klink nie of iemand dood is nie, wat maak die polisie daar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.