Man kry lewenslank ná dogter se verkragting

Argieffoto

ʼn Man is lewenslank tronk toe gestuur nadat hy sy dogter verkrag het.

Die eMalahleni-streekhof het die 45-jarige man op 21 November gevonnis, nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy sy 14-jarige dogter in Ackerville, naby Witbank, verkrag het.

Die man se identiteit kan nie bekendgemaak word nie om sy dogter se identiteit te beskerm.

“Die hof het in Maart gehoor dat ʼn huishulp besig was om die huis skoon te maak, toe sy stukke snesies en wit lap met bloed op onder die slagoffer se bed gevind het. Sy het onraad vermoed en die slagoffer in die teenwoordigheid van hul bure daaroor uitgevra toe sy terugkom van skool. Die slagoffer het toe aan hulle gesê dat haar pa haar verkrag het,” sê Monica Nyuswa, woordvoerder van die departement van openbare vervolging in Mpumalanga.

Die voorval is aan die owerhede gerapporteer en die verdagte is in hegtenis geneem.

“Tydens die verhoor het die beskuldigde skuld ontken. Die J88-vorm het bevestig dat die slagoffer gepenetreer is en wonde opgedoen het aan haar private dele,” sê Nyuswa. Ter strafverswaring het die staat aangevoer dat die pa geen berou toon vir sy optrede nie. “As ʼn pa was hy veronderstel om sy dogter te beskerm en te verdedig, veral ná die dood van haar ma. Hy het ook die vertrouensverhouding tussen hom en sy dogter geskend,” sê Nyuswa.

Die hof het geen dwingende of beduidende rede gesien om van die voorgeskrewe vonnis af te wyk nie en die beskuldigde is lewenslank tronkstraf opgelê vir verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Michael P ·

Mense die einde van die wereld is so naby soos die volgende naweek. Dit is Skokkend hoe die mensdom aangaan.

Lee ·

Ek dink dis die ergste wat met n kind kan gebeur. Verkragting deur jou pa! Of enigeiemand. Ek is baie dankbaar dat ek tot vandag sulke trauma gespaar is. Dogter ek bid dat jy hierdeur sal werk en hopenlik heel anderkant sal uitkom!

Agter die skerms ·

Dis nes Hannelie se Goed so!!! ek kan net nie verstaan hoe kan ‘n pa dit aan sy eie bloed doen nie – daar is tog baie dames daar buite wat dit vir hom sal gee. Maar nee vat maar eerder jou eie bloed – dis net absoluut walglik!!

Donkie ·

As ek so tussen die lyne lees, was die verkragter n wit man. Anders was dit seker tien jaar waarvan ses opgeskort was vir drie jaar en hy aansoek vir parool kon doen nadat hy 12 maande uitgedien het.

A ·

Wat maak di kleur saak, dis walglik en die gemors het geen reg in die lewe nie. Dis n Pa wat sy kind moet beskerm.

slagoffer ·

Siestog!! Dit is verskriklik!! Baie dankie aan die huishulp wat onraad vermoed het, ek is seker daarvan dat jy ook ‘n Mamma is en/of self n dogter het. Sterkte Meisiekind!!

Thelma ·

Die huishulp behoort ‘n pluimpie te kry want dit was die laaste keer wat hierdie siek “pa” dit sal doen. Die arme meisiekind, die wonder gaan nooit ophou. Hy het gekry wat hom toekom, alhoewel ek voel hulle moet ‘n sekere deel van sulke mans afsny.

Lou ·

Die man is soos ‘n dier. Bespring sommer sy eie afstammelinge.
Hy behoort gekastreer te word en vir die res van sy lewe in afsondering toegesluit te word.

M ·

En dit is hoe dit moet wees. Dankie aan die huishulp wat ten koste van haar werk die regte ding gedoen het. Ek hoop sy word so geseen.

Simpatie ·

Mooi so, aan die huishulp wat nie stilgebly het nie.
Ek ksn my dit nie indink hoe ‘n meisiekind moet voel nie.

Sê-maar-net ·

Dis hierdie soort walglike gedrag waarvoor die doodstraf deur God self ingestel is. Maar nee, die “regering” soek nie God in hul lewe nie; en dit terwyl alle gesag van God kom. Ons het ‘n Grondwet sonder God se seën. Politici is hul eie gode.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.