Man met panga op plaas aangeval

Argieffoto

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en sakeroof nadat ʼn 60-jarige man Saterdag in die vroeë oggendure op sy plaas in die omgewing van die Paarl oorval en aangerand is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 02:30 plaasgevind.

Volgens Van Wyk het drie verdagtes die betrokke oggend by ʼn skeepvraghouer op die plaas ingebreek. Die eienaar van die plaas het ondersoek gaan instel en die verdagtes by die houer betrap. Dit is toe dat die verdagtes die man met ʼn panga aangerand en op die vlug geslaan het.

Die slagoffer het beserings aan sy arms en kop opgedoen. Die man is intussen in ʼn hospitaal opgeneem, het Van Wyk gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ivana ·

En hier dink ek ons het n lockdown, wat de hel gaan aan in ons land. Dis geen wonder dit gaan soos dit gaan nie, want almal maak en breek soos hulle wil.

daniel ·

One kyk of diesulkes covid19 gaan vryspring,
Ek glo nie hulle sal nie.

Pieter J ·

Ai dit is ontstellend dat mense ten spyte van al die waarskuwings nog steeds in die nag hul huise verlaat en dan nog sonder ń wapen ook. Nou wonder ek ook hoekom stel inbrekers in die inhoud van die houer belang. Weet hulle dalk wat binne is?

Jr ·

Wat het die inhoud van die houer te doene met die aanval. Jy klink asof jy n goeie prokereur sal wees vir die boewe.

Michael 1 ·

Ek sou ook ondersoek ingestel het maar met my 12 boor pompaksie haelgeweer en sou nie vandag in die hospitaal gewees het nie.

Sakkie ·

Michael , ek voel baie jammer vir die Oom en bid dat hy gou sal herstel. In watter droom wereld leef jy Michael , die verdagtes hou jou huis dop en kan sien as jy uitkom. Jy het geen idee waar hulle is en hoeveel hulle is nie. Maak nie saak hoe groot kaliber wapen jy het nie. Glo my , ek voel ook soos jy maar met n gesonde verstand wat jy het gaan jy NOOIT uit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.