Man met skietwond in hospitaal ná Gauteng-plaasaanval

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man sal na verwagting Sondag geopereer word ná ʼn aanval op ʼn plaas Saterdagoggend in Doornrandjie in die Centurion-omgewing in Gauteng.

Llewellynn Hemmens, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Noord-streek, het aan Maroela Media gesê tussen drie en vier aanvallers het tussen 04:00 en 04:23 op die plaas toegeslaan.

“Die alarm het buite afgegaan. Die eienaar het gedink dit was die kat en toe hy gaan ondersoek instel, het die aanvallers ses skote afgevuur. Hy is in sy linkerheup getref en sy kop is skrams getref. Dit is nog nie duidelik of die rondte sy skedel gepenetreer het nie,” het Hemmens gesê.

Die man sou Saterdag al ʼn operasie ondergaan het, maar dit word vermoedelik vertraag weens toetse vir Covid-19.

Hemmens het benadruk dat die man waarskynlik sy lewe te danke is aan die polisie se vinnige optrede. “Ek wil die polisie loof vir hul vinnige reaksie en hoe hulle die toneel hanteer het en die saak ondersoek,” het hy gesê. “Trouens, die polisie het só vinnig opgetree dat dit nie eers nodig was vir die buurtwag om te reageer nie.”

Hy het gesê die gemeenskap van Doornrandjie sien baie mooi om na die man se vrou en kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Persheks Adri ·

Dankbaar die man lewe nog!

Hou ons op hoogte asb Maroela.

Anel ·

So, jy kan maar doodgaan van skietwond solank jy net nie die virus het nie! Dis siek, man!!!

johanf ·

Dankie aan die van die betrokke SAPD lede….
Hoop en bid nie dat jou skedel gepenetreer was nie, en dat jy vinnig herstel….. Sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.