ʼn Man het Vrydagoggend wonderbaarlik oorleef nadat sy motor teen ʼn paal langs die N1 in die rigting van die Paarl in Plattekloof, Kaapstad, gebots het.
Volgens Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, is nooddienste Vrydag net voor 05:00 na die gru-toneel ontbied waar ʼn motor uitmekaar geskeur het. Die bestuurder van die voertuig het met hul aankoms nog agter die stuur gesit.
Die man, in sy 20’s, het egter baie lig van dié botsing afgekom met slegs ʼn gebreekte been en enkele skrape en kneusplekke, vertel Vermaak.
Die man is op die toneel behandel waarna hy na ʼn naby geleë hospitaal geneem is.
Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie.
- Volgens Vermaak het die motor “oopgeskeur”. (Foto: Verskaf)
- Die motorwrak. (Foto: Verskaf)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
23 Kommentare
Hy sal seker nooit weer jaag nie. Moes een hengse spoed gejaag het om die motor so te laat skeur.
Daardie paal was in die ou Suid Afrika gemaak.
Net so Karolis. Net so. Nou gaan al die wetsgehoorsame burgers (hie hie hie) wat altyd 140 in 120 zone ry weer hoë spoed kom blameer.
Bly daar was nie n passesier in die kar nie …….. dan was dit fatal !
Hy kan sy dankie en eer aan Jesus gee