ʼn Man, vermoedelik in sy 20’s, is Maandagoggend dood op ʼn plaas buite Potchefstroom in Noordwes aangetref.
Lt.kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die plaas is sowat 25 km buite Potchefstroom geleë op die Ventersdorp-Potchefstroom-pad. Volgens Myburgh is die boer nie die eienaar van die grond nie, maar hy huur die grond en woon en werk op die plaas.
“Soos ons verstaan was die boer weg vir die week en het hy ʼn persoon aangestel as oppasser om na die plaas om te sien. Hy het dit glo gereeld sonder enige probleme gedoen. Die oppasser het sedert Dinsdag in die huis op die plaas gewoon,” sê Myburgh. “Die boer het ook iemand gevra om elke dag die honde op die plaas te kom kos gee.”
Volgens Myburgh het die persoon wat die honde kos gee vanoggend omstreeks 11:00 op die plaas aangekom en besef iets is fout. “Die voordeur se diefwering en die houtdeur was oopgebreek. Die persoon het in die huis gekyk en iemand op die grond sien lê waarna die polisie ontbied is.”
Die oppasser is dood in die slaapkamer aangetref. Volgens Myburgh het die oorledene ʼn kopwond gehad, maar dit is in dié stadium nie bekend of hy geskiet is en of die wond op ʼn ander manier toegedien is nie.
“Die oppasser is vermoedelik in sy vroeë 20’s, maar hy is nog nie uitgeken nie. Dit lyk asof daar gepoog is om die kluis oop te breek, maar hulle kon nie daarin slaag om dit oop te kry nie. In dié stadium lyk dit slegs of die oppasser se selfoon gesteel is, maar ons sal met sekerheid kan bevestig wat presies gesteel is sodra die boer se verklaring afgeneem is,” het Myburgh gesê.
ʼn Saak van moord word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
42 Kommentare
En dat sulke onheilige dinge oor ‘n Paasnaweek kan gebeur! Dis absoluut skokkend!!
Verskriklik baie aanvalle oir fie paastyd gewees. So hartseer om in so kand te woon . Sterkte aan fie man se baasvestandes ONS WIK MAAT GOD BESKIK!!!
Dêmmit man! Nog ‘n sinnelose tragedie. Hoekom toeslaan juis die week wat die boer nie daar is nie?
Bach se vir ons wat het jy te se oor hierdie moord. Ek sterf liewer met n assegaai in my hart met n geweer in my hand
Hoveel nog ?