Man op plaas naby Rustenburg vermoor

Argieffoto (Foto: Tracey Adams/African News Agency/ANA)

Twee verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem kort ná ʼn aanval op ʼn plaas in die Modderfontein-omgewing in Rustenburg, Noordwes.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het tussen 09:00 en 10:30 plaasgevind. “Die oorledene, ʼn 68-jarige man, se vrou is ʼn mediese dokter en sy het omstreeks 09:00 van die plaas weggery op pad werk toe.”

Die polisie vermoed dat minstens vier mans die man op die plaas oorval het. “Hy is op ʼn baie gewelddadige manier aangeval, vermoedelik met pangas. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Een van die plaaswerkers het hulp gaan soek by die bure en boere en sekuriteitsfirmas in die omgewing en die polisie is ontplooi en ʼn soektog na die verdagtes is van stapel gestuur. “ʼn Helikopter wat in die wildbedryf gebruik word, is ook gemobiliseer om na die verdagtes te soek.”

Een van die sekuriteitsfirmas het naby die plaas een van die verdagtes opgespoor en hom aan die polisie oorgegee. “Beamptes het beslag gelê op ʼn vuurwapen wat op die plaas geroof is. Beamptes het ook ʼn sak met klere, kos en skoene wat gesteel is, teruggevind.”

ʼn Tweede verdagte is Woensdagmiddag deur die polisie in hegtenis geneem.

Verdere inligting is nog nie bekend nie. Die polisie is steeds op die toneel en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hannes ·

“Kill the boer, kill the farmer” is mos net ‘n lied vir die onderdruktes, geen boodskap daarin nie.

Maggies ·

Ja… gee hulle maar ‘n borgtog boete van R500.00 en laat hulle weer gaan plunder en moor. Dit is mos net ‘n boer. (Sarkasme)
Hoe siek is ons regstelsel nie. Dit breek my hart.

Di ·

Dis HOOGTYD dat AL hierdie plaasmoordenaars deeglik moet ondervra word. IEMAND sit agter al hierdie plaasmoorde, niemand gaan my oortuig dat dit NIE die geval is nie. Kry seker elkeen ‘n paar rand in die sak om hierdie moorde te pleeg en dit dan na diefstal as motief laat lyk. Kan aan GEEN rede dink hoekom hulle iemand so wreed vermoor vir ‘n paar klere en vuurwapens nie EN dan is hulle 4 teen 1. Duidelik staan die boer geen kans om hulle te oorrompel nie. Ondersoek moet verder ook gedoen word na al die PLAASBRANDE, selfde spul hiervoor verantwoordelik. Hulle soek die boere almal van die plase af daarom moor hulle om vrees te saai onder boere. Dink ons almal kan raai wie hieragter sit maar mag dit nie se nie.

Christine ·

Jy het self die antwoord gegee sonder ‘n ondersoek. Die ANC en hul skoothondjie, die EFF, sit daaragter.

Danie ·

Die polisie stop daar want daar is sukses.Waarom Wie en hoekom pla hulle nie.

Delia ·

Nog n familie aan flarde!!! Hoeveel nog!! Motief kan wraggies nie roof wees nie

Elize ·

Dis die regering se skuld. Werkloosheid en wetteloosheid. Dis mos lekker in Lallaland. Geen konsekwensies nie. Vat wat ons wil en maak wat ons wil

KhoiKhoi ·

Mag sy siel in vrede rus.
Mag Sy hand oor die naasbestaandes rus

Danie ·

En so gaan die aanvalle en moorde aan daar net geen einde daaraan nie.Kom ons beskerm ons bejaardes op plase.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.