Man op plaas vermoor, vrou glo verkrag

plaas-polisie-veld

Argieffoto

’n 40-jarige plaasvoorman is dood en sy vrou (39) vermoedelik verkrag ná ’n plaasaanval Maandagaand in die Ladybrand-omgewing in die Vrystaat.

Die voorval het op die plaas Brandenburg plaasgevind waar die voorman en sy vrou gebly het.

Volgens ao. Loraine Earle, woordvoerder van die polisie, is die egpaar oorval toe hulle by die huis aangekom het. “Twee mans het hulle oorval en hulle met baaltou aan ’n lyndraad vasgebind. Hulle is aangerand en met messe gesteek,” het Earle gesê.

Die aanvallers het geld, die egpaar se motor en hul bankkaarte geëis.

“Die man en die vrou het teen dié tyd steekwonde opgedoen en die man het gesê die vrou kan vir [die aanvallers] gaan wys waar alles is en dat hulle alles kan vat. Een van die verdagtes het die vrou in die huis in geneem en haar na bewering daar verkrag.”

Die vrou kon daarin slaag om te ontsnap en het gehardloop om hulp te kry.

Die aanvallers het intussen met die egpaar se Opel Corsa-motor, selfone en bankkaarte gevlug.

“Die verdagtes het ʼn entjie weg van die plaas ʼn ongeluk gehad met die motor en hom net so, met die selfone binne, gelos. Al wat hulle gesteel het, was die bankkaarte.” Hulle het van daar te voet verder gevlug.

Volgens Earle is die man op die toneel dood. Die nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van sy dood bepaal.

Die vrou is tans in ʼn stabiele toestand in die plaaslike hospitaal in Ladybrand.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, verkragting en motordiefstal. Die egpaar se name word weerhou weens die verkragtingsaak wat ondersoek word.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van veiligheid, het Maandag gesê daar het vanjaar reeds sowat 109 plaasaanvalle en sowat 15 plaasmoorde in Suid-Afrika plaasgevind. Dié plaasaanval in Ladybrand was die 110de aanval van die jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

52 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ac

Doel was martel, moord en verkragting! Oorlogsmisdaad volgens navorsing. Roof is vir die skyn toegepas.

Moedeloos

Ek wonder maar net wat gaan die instansies soos agriforum, vryheidsfront ens doen. Ons betaal elke maand vir hoeveel instansies wat dan volgens hul oproepe / werwing geld benodig om die regering hof toe te sleep maar ons hoor of sien niks behalwe toename in moorde en vrye rassehaat uitsprake teenoor die blankes. Plaasmoorde haal nie eers meer nuus nie. Mnr Caneron noem feite maar wanneer doen hulle iets.
doen

Gestremde

Plase kan nie verder bestuur word sonder veiligheidswagte nie. Het in ‘n ander koerant gelles dat die man aan ‘n heining vas gemaak is en verskeie kere met ‘n mes gesteek is. Dit is uit-en-uit senofobiese geweld teenoor blankes. die enigste manier is om voedsel wat geproduseer word op plase te staak totdat die regering bereid is om in te tree en besef wat die nagevolge wat voedsel tekort in die land is. My innige simpatie aan die familie en die oorlewende vrou. Het al baie oor die aangeleentheid nagedink en ‘n voorstel wat ek wil maak is dat daar… Lees meer »

PJC

Kan ń mens kwalik geneem word as jy kwaad word en wraakgedagtes koester wanneer so iets gebeur. Waag jy egter om iets te sê is jy ń rassis.

Kat

Die buiteland moet bewusgemaak word en ons regering vir misdade teen mensdom aangekla word. Ons kort nou buitelandse hulp. Dit gaan net erger raak as ons net sit en niks doen nie.