ʼn Man is in ʼn ernstige toestand nadat hy Vrydag op die spoorlyn naby CB Downsweg in Kwandeni, Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal geskok het.
“Die man het teen ʼn skuinste af langs die spoorlyn gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici moes van toue gebruik maak om by die man uit te kom. Hy het ernstige brandwonde opgedoen.”
Die man is op die toneel gestabiliseer en met ʼn draagbaar teen die skuinste uitgelig en met ʼn ambulans na die Edendale-hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.
Kan net raai wat het hy daar gaan soek,
Al manier wat jy so kan brand is as jy teen n paal opklim en die koper kabel probeer steel.3300v d/c is nie n man se maat nie daar is al baie mense so dood of ernstig verbrand.
Swak Afrikaans Maroelamedia: Die man het nie geskok nie, hy is/was geskok.