Die Mpumalanga-polisie is steeds op soek na ʼn man wat glo Vrydag sy vrou en hul eenjarige babadogtertjie aan die brand gesteek het.
Brig. Selvy Mohlala, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die man en sy vrou het glo Vrydagaand in Acornhoek ʼn rusie gehad. “Die man het petrol gaan haal en oor sy vrou en die baba gegooi voor hy hulle aan die brand gesteek het,” het Mohlala gesê. “Die baba was op haar ma se rug vasgemaak.”
Die baba is met haar aankoms by ʼn plaaslike hospitaal dood verklaar. Die ma is in ʼn stabiele toestand.
Die man het na die voorval weggehardloop.
Wreed, wreed, wreed! Jou eie vlees en bloed. Iemand wat jy goed genoeg geag het om die ma van jou kind te wees. Wreed! Dis wat hulle is!