Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die Toyota Hilux-bakkie het sowat 5km buite die dorp teen die boom gebots.
Volgens Vermaak is ʼn man uit die bakkie geslinger en is hy op die toneel dood verklaar. Die ander vier insittendes moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.