ʼn Man is dood en twee is beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het, Vrydagaand naby Durban in ʼn botsing betrokke was.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het in Crossmoorweg in Chatsworth plaasgevind.
“Die bestuurder van die voertuig het beheer daaroor verloor en van die pad af gery. Die voertuig is deur ʼn konstruksiewerf, het sementblokke getref en het daarna etlike meters teen ʼn steil helling afgeval,” het Botha gesê.
“Al drie mans is in die wrak van die voertuig vasgekeer en die brandweer moes hulle lossny. Een van die mans het op die toneel gesterf nadat paramedici vir ure probeer het om sy lewe te red. Die ander twee mans is in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Weeet ons plekkie sal weer mooi wees.