Rwanda se minister van buitelandse sake en samewerking, Louise Mushikiwabo, het bekend gemaak dat ses Suid-Afrikaanse diplomate uit die land ontslaan is.
Lees meerAlles vir Saterdag 8 Maart 2014
Vermeende kaper in JHB doodgeskiet
ʼn Vermeende kaper is Saterdag in Johannesburg tydens ʼn mislukte kapingpoging doodgeskiet.
Waterkloof-twee glo afsonderlik aangehou
Christoff Becker en Frikkie du Preez, twee van die sogenaamde Waterkloof-vier, word glo afsonderlik in die tronk aangehou, het Beeld Saterdag berig.
Internasionale Vrouedag: Kongolese mans stig feministegroep
24 mans in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het ʼn groep gestig wat ten doel het om te veg vir die regte van vroue in dié streek.
Polisiebrutaliteit-video: Twee vas
Twee polisiebeamptes van Kaapstad se sentrale polisiestasie is vas nadat hulle ʼn glo ʼn man aangerand het terwyl hulle hom in hegtenis geneem het. Die voorval is deur toeskouers op video vasgelê.
Kragnetwerk steeds onder druk – Eskom
Eskom het Saterdag gesê die land se elektrisiteitnetwerk is steeds onder druk, maar dat beurtkrag tans nie oorweeg word nie.
Man sterf ná voertuig by helling afval
ʼn Man is dood en twee is beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het, Vrydagaand naby Durban in ʼn botsing betrokke was.
Foto’s: Twee bejaardes vermis ná vloed by Klein-Kariba
Twee bejaardes van Bela-Bela word vermis nadat ʼn kitsvloed Vrydagmiddag die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord in Limpopo getref het.
Vryheid sonder water weens stakende munisipale werkers
Die dorp Vryheid in KwaZulu-Natal is reeds sedert Vrydag sonder water as gevolg van vandalistiese dade deur stakende munisipale werkers.
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
‘n Maleisiese passasiersvliegtuig met 227 passasiers en 12 bemanningslede aan boord het op ‘n vlug van Kuala Lumpur na Beijing in die see gestort.
Oscar-saak: Nando’s verwerp Michelle Burger-“advertensie”
Nando’s, die kitskosrestaurant wat bekend is vir hul skerp en soms omstrede advertensieveldtogte, het Vrydag ontken dat hulle Oscar Pistorius se moordverhoor as ʼn advertensieveldtog gebruik.
Boeing met 239 passasiers vermis
‘n Boeing 777-200 van Malaysia Airlines met 239 mense aan boord het Saterdagoggend tussen Maleisië en Viëtnam vermis geraak.
Motorfietsryer sterf in botsing met bakkie
ʼn Man is dood en vier mense beseer nadat ʼn bakkie en ʼn motorfiets Saterdag omstreeks 06:00 in KwaZulu-Natal gebots het.
Tiener voor skool met skerp voorwerp gesteek
ʼn 15-jarige seun van Kaapstad is Vrydag deur ʼn onbekende persoon aangeval en met ʼn skerp voorwerp gesteek.
Gedagte vir die dag: Jy is die Here s’n
Psalm 100:3 – Jubel dit uit dat die Here die enigste God is. Die Here het ons gemaak. Elkeen van ons behoort aan Hom: ons…