ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is dood toe ʼn vragmotor en ʼn bromponie Sondagaand in Knysna in die Wes-Kaap gebots het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het in Hoofweg plaasgevind.
“Dit is in dié stadium nie duidelik wat tot die botsing gelei het nie. Die vragmotorbestuurder was met paramedici se aankoms nie op die toneel nie,” het Meiring gesê.
Hy het gesê die motorfiets se wrak is in die middel van die pad aangetref en die man se liggaam het sowat 10 m van die wrak af gelê.
“Die man het verskeie beserings opgedoen en geen teken van lewe getoon nie. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”
Die polisie ondersoek die voorval.
Die motorfietse blyk nie die veiligste vervoermiddel te wees nie sit nou die moedswilligheid van sekere vragmotor en taxi bestuurders ook in en die polisie se onvermoë en nuttelloosheid in en jy sit met n tragedie soos die.