Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê Lebo Mokoena (36) is in die hooggeregshof in Bloemfontein tot effektiewelik 45 jaar tronkstraf gevonnis.
Mokoena het sy 66-jarige ma met ʼn mes gedreig voor hy haar in hulle huis in QwaQwa verkrag het. Hy het sy ma gedwing om hulle 23-jarige buurvrou te skakel waarna hy haar na ʼn bergagtige gebied gevat en verkrag het.
Mokoena is met behulp van sy broer en lede van die gemeenskap in hegtenis geneem nadat hulle hom aan die polisie oorgegee het.
Dis ‘n swaar straf vir verkragting as mens kyk hoe moordenaars op weerlose oumense op hul plaas net 35 jaar kry en dan nog word dit versag na net 15 jaar. Van wanneer af is moord en martelling ‘n minder ernstige misdryf teenoor verkragting?
Sy eie ma verkrag?? Wat gaan in so ou se kop aan?
Ons regstelsel maak vir my glad nie sin nie. Die ou verkrag sy ma en buurvrou en kry 45 jaar. Iemand anders verkrag kinders en kry 10 jaar. Iemand anders vermoor hulpelose mense en hulle kry 15 jaar of 20 jaar. Regtig dit maak nie sin nie. Mag die regters maar elkeen besluit hoe lank hulle die mense in die tronk wil he. Is daar dan nie riglyne nie?