Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê Willem Johannes Fortuin (37) is tot effektief 18 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is daaraan skuldig bevind dat hy op 20 Maart verlede jaar vir Rosie Meintjies (25) en Owen Olyn (20) aan die brand gesteek het. Albei het aan hul wonde beswyk. Meintjies was Fortuin se voormalige vriendin.
Meintjies en Olyn het die aand van die moorde saam met Leon Ludick (24) en Magdaline Jood (33) in ‘n kamer op die plaas Lemoenpoort geslaap. Ludick het wakker geskrik toe hy gille hoor en gesien Meintjies en Olyn brand.
18 jaar vir ‘n dubbele moord!?
Ja, vra dit! ai…
Mans moet ophou om vrouens (gades of vriendinne) as hulle persoonlike besittings te sien en te behandel. As ‘n vrou niks meer met jou te doen wil he nie, VAT DIE PAD! Jy sal uiteindelik (as jy haar behoorlik behandel) ‘n ander vrou of vriendin kry!