Man tydens huisroof doodgeskiet

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

Die Limpopo-polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn groep verdagtes wat Saterdagoggend ʼn man in sy huis buite Mokopane (Potgietersrus) tydens ʼn huisroof doodgeskiet het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in ʼn residensiële gebied in die Elandskraal-polisiëringsgebied plaasgevind.

“Die 50-jarige slagoffer en sy vrou het geslaap toe ʼn onbekende hoeveelheid gewapende verdagtes omstreeks 03:00 toegang tot die huis verkry het deur een van die vensters aan die agterkant van die huis,” het Ngoepe gesê.

“Hulle het ʼn vuurwapen op die man gerig en hom in die kop geskiet. Hy is op slag dood.”

Die verdagtes het die huis geplunder en met ʼn bedrag geld in die egpaar se Toyota Land Cruiser van die toneel gevlug. Die voertuig is later verlate ʼn paar kilometer van die huis af gevind.

Die vrou het geen sigbare beserings opgedoen nie, maar is na ʼn hospitaal geneem om vir skok behandel te word.

“Die verdagtes is onbekend en niemand is nog teen Sondagoggend in hegtenis geneem nie,” het hy gesê.

Die man is intussen as Collins Baker (43) geïdentifiseer. Sy vrou is 40 jaar oud en is nog in die hospitaal.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann Marx

Die konstitusionele Reg tot Lewe moet gebalanseer word met die Reg om NIE te Lewe NIE. As jy 1. ‘n kind verkrag, 2. dwelms smokkel, 3, ‘n gewapende aksie beplan of uitvoer, en 4. iemand se lewe neem, behoort dit vir die Konstitusionele hof ‘n duidelike teken te wees dat jy die Reg om NIE te Lewe nie verkies, en moet ons jou voorsien van NOG VYF eg demokratiese keuses nl, galg, vuurpeleton, dodelike inspuiting, elektriese stoel, gaskamer. Niemand oordeel niemand nie, niemand straf iemand anders dood nie,……JY, deur die uitlewing van jou keuses, bepaal die uitkoms van jou gedrag.… Lees meer »

Antoinette de Greeff

My Hart gaan uit na sy geliefdes. Mens lees so baie dat die rowers met n groot bedrag kontant weggekom het. Waarom hou mense groot bedrae kontant in n huis. Is dit nie die rede vir die roof nie.

Boerseun

Waarskynlik nog ‘n terroristiese en rassistiese swart-op-wit haataanval.

Mara

Goed gestel hierbo. Ek stem saam

hendrik

Hulle kyk hoe ver hulle kan gaan met die moorde op blankes. Dit is terrorisme op die hoogste vlak, selfs erger as die moorde op verafgelee plekke in die ou SWA tydens die bosoorlog op die grens. Dit was al lankal tyd om saam te staan en dan …..julle weet wat.