Man val van rotswand

Paramedici op die toneel. (Foto: Netcare 911)

ʼn Man is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy die naweek van ʼn rotswand in Durban geval het.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is paramedici Vrydag omstreeks 12:04 na Queen Nandi-weg tussen KwaMashu and River Horse Valley ontbied waar ʼn man, vermoedelik 30 jaar oud, van ʼn steil rotswand enkele meters na benede geval het.

Die man het ernstige beserings gedurende die val opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn hospitaal gehaas is, sê Herbst.

Die omstandighede rakende die voorval is nie in dié stadium duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Attie. ·

Een man sonder naam is blykbaar dood in Durban. In die binneland is talle dood aan siekte en ouderdom maar ek het ook nie hul name nie, so dis nie regtig nuus nie;

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.