Man van Bela-Bela sterf

Carel van Heerden (Foto: Facebook)

Medelye stroom in nadat ’n jong man van Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo Vrydagaand by die skuifhek van ‘n huis by Noodhulp dood is.

Carel van Heerden (28) het oënskynlik doodgeskok.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê Van Heerden het omstreeks 21:40 na bewering uit sy motor geklim om die huis se skuifhek oop te maak toe hy oënskynlik geskok is.

Van Heerden is na ’n hospitaal gehaas waar hy met sy aankoms dood verklaar is.

Ondanks bewerings dat Van Heerden deur die weerlig doodgeslaan is, wou die polisie dit nie bevestig nie. Ngoepe sê die presiese oorsaak van dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DieKriek ·

Ek het al n paar keer erg geskok toe ek my hek oopgemaak het in n donderstorm. Die weerlig tref die heining n ent verder en jy voel dit. Dis baie moontlik dat die arme man geskok is deur die hek. My hart pyn as sulke sterftes by jong mense gebeur.

Riaana ·

R. I. V dis verskriklik hartseer, mag God sy familie dra deur hierdie seer rou tyd…

Agter die skerms ·

Carel ons innigste meegevoel met jou weggaan. God is met jou en jou familie RIV

Spiggie ·

Daar is baie swaar weer in daai omgewing, ek het in Nylstroom gebly en kan getuig van erge elektriese storms. Dis nou regtig baie hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.