Man van Brittanje verdrink by Ballito

(Foto: NSRI)

ʼn 42-jarige man van Brittanje, ʼn gebore Suid-Afrikaner, het Vrydag by Thompsons Bay-strand in Ballito verdrink.

Quentin Power, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Ballito, sê die man is op die strand aangetref. Hy het nie enige teken van lewe getoon nie.

“ʼn Plaaslike tiener en ʼn branderplankryer het die man uit die water gehaal. Hy het vermoedelik in ʼn sleurstroom beland.”

KPR is toegepas, maar die man is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die man se liggaam is aan die patologiediens oorgegee. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marius ·

Hoeveel keer moet daar nog gesê word die see is gevaarlik?

Cherokee ·

Na afleiding van die eerste paragraaf, het hy huistoe gekom, om (werklik) huistoe te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.