Man in arres oor k-woord in video

‘n Skermskoot van die gewraakte video.

Die man wat pres. Cyril Ramaphosa meermale die k-woord toesnou in ʼn video op Facebook, sal Donderdag in die landdroshof in Verulam, noord van Durban, verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, sê die polisie het Kessie Nair laat gistermiddag in Phoenix in hegtenis geneem op aanklagte van aanhitsing van openbare geweld en crimen injuria. Hy sê die polisie het die ondersoekdossier ná die inhegtenisneming aan die Valke vir verdere ondersoek oorhandig.

Nair is oornag in die polisieselle in Phoenix aangehou in afwagting van sy eerste hofverskyning vanoggend, sê Mulaudzi. Hy sou daar voorgekom het, maar sy verskyning is na Verulam verskuif.

Sy inhegtenisneming volg nadat die video wat Nair eergister op Facebook geplaas het, ʼn gewese metroraadslid so omgekrap het dat hy ʼn klag van naamskending by die polisie ingedien het.

“Dit het my ontstel omdat dit so rassisties van aard is,” het Brandon Pillay, tot onlangs ʼn ANC-raadslid in eThekwini se metroraad, gister aan Maroela Media gesê.

“Almal het kommentaar op Facebook gelewer,” het Pillay gesê, “maar niemand het iets daaraan gedoen nie. Ek het toe besluit om ʼn klag by die polisie in te dien.”

Hy sê die vorige gevalle waar mense suksesvol vervolg is vir rassistiese uitlatings in die sosiale media het hom aangespoor om Nair te verkla.

In die video sê Nair onder meer as stigter van die sogenaamde National Association towards Crime, Violence and Abuse “doen ek hiermee ʼn beroep vir daai (k-woord)-staatspresident mnr. Cyril Ramaphosa, ja, ek bedoel, daai (k-woord)-staatspresident Cyril Ramaphosa om aangekla te word omdat hy dié nasie bedrieg, omdat hy die nasie verdruk en hoogverraad … omdat hy misluk het en die bron is van alle misdaad, geweld, swak gesondheidsorg, armoede wat bestaan in hierdie sogenaamde ware demokrasie”.

Kessie Nair se Facebook-profielfoto. Foto: Facebook

Die video is tot dusver sowat 20 000 keer gekyk en meer as 500 keer gedeel, maar teen Donderdagoggend was dit steeds nie verwyder nie.

Brig. Jay Naicker, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, het gister gesê: “Ons beskou die aantygings [in die video] in ʼn baie ernstige lig en speurders in die kantoor van die waarnemende provinsiale polisiekommissaris ondersoek die saak.”

Intussen het Jonathan Annipen, Minority Front-woordvoerder, bevestig Nair was jare gelede ʼn raadslid van die MF in die eThekwini-metroraad. “Dit was lank voor my tyd, maar ek weet hy het daarna oorgeloop na die IVP, waarna hy sover ek weet vir bedrog vervolg is.”

Annipen beskryf Nair as ʼn “sosiale skurk” wie se uitlatings “nie met die Indiese gemeenskap vereenselwig kan word nie; trouens, ons gemeenskap behoort geloof te word vir ons volgehoue pogings om maatskaplike samehorigheid in die land te bewerkstellig.”

Hy sê sy party distansieer hom ten sterkste van Nair se tirade. Hulle het intussen ʼn klag by die Menseregtekommissie ingedien om seker te maak Nair kry met die volle mag van die gereg te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

jannie ·

Waar is vryheid van spraak in die “demokratiese” land……??

Nolis ·

As jy die heel EERSTE sin van freedom of speech gaan lees, dan sal jy verstaan. Hoekom moan die afrikaner dan so oor die woord boer en wat malema te se het? dis dan ook vryheid van spraak of hoe?

snotklap ·

Om iemand a boer te noem of die k word moet nie aangeraai word nie maar behoord steeds ons reg te wees indien sa regtig n land is met vryheid van spraak.
Vir iemand om te se/sing kill the boer/k woord is aanhitsing tot geweld en is haatspraak.

As iemand die k woord se behoort die staat nie op te tree nie indien die individu wat beledig word dit wil doen kan hy siviel aksie neem teen die spreker.

Maar nie in sa nie. Hier het vryheid van spraak lankal gevrek.

waarheid ·

Jip Ramaposa het ons aan die Chinese uitverkoop .
Dit is duidelik sigbaar met al die Chinese wat al in S A is en ook al plase in die Boland besit. Hy verkoop sy eie mense uit sodat die Oosterlinge hier kan kom buit en gryp.
Ek verstaan die man se frustrasie.

Ek is egter teen die woord gekant wat Nair gebruik het en ook teen bedrog wat hy kon gepleeg het maar stem saam met sy siening oor die gemors waarin ons land verkeer.

MRK ·

Kill the Boer is NIE rassisties nie maar die K woord is rassisties .. wat ‘n sirkus .. ons regering is ‘n SIRKUS.

Anita ·

Ek stem heeltemal saam. Malema sê en doen net wat hy wil en niks word daaromtrent gedoen nie. Om nie te praat van opsweping nie!

Raadop ·

In Amerika is daar mense wat na Donald Trump as n aap verwys,die goed wat hy toegesnou word op televisie en in die media is nog rowwer as wat hier gese word,demokrasie werk in daardie land want daar is vryheid van spraak. Net een vraag,hoeveel nie-swart mense is al openlik gevloek en sleggese wat duidelik rassisme is,hoekom word daar niks daaraan gedoen nie? So met my as n witmens kan gepraat word nes hulle wil en niks sal daarvan kom nie? Hierdie man is so vinnig in hegtenis geneem omdat hy sy persoonlike mening uitgespreek het. Hoeveel mense word daagliks wreed vermoor, sien jy dat die Valke sulke sake so gou oorneem en werkmaak daarvan?

Rassisme in ons land is lewendig al verskil is dit is nou omgekeer……..dis seker maar ons beurt………..Baie dankie aan my voorvaders.

Amerika OOK ·

Neeeee raadop. In Amerika kry hulle ook moeilikheid oor rasisme. Wie is die “talkshow host” wie se program gekanseleer is omdat sy iemand in Obama se kringe as n karkter van Planet of the apes genoem het?
……dit gebeur net minder daar WANT die Amerikaners is nie so DOM ASPRIS soos die SAners nie!

VSSA ·

Groot verskil pel. Wat dink jy sou gebeur as iemand die N woord teenoor Obama toesnou?

Albatros ·

In die VSA gaan jy baie teenspoed kry deur die N woord te gebruik — maar dis beslis nie onwettig nie.

Jan ·

Daars n grrot verskil tussen om iemand te beledig en iemand aan te hits tot geweld of n misdryf.dis twee totaal verskillende intensies

Koos de Meyer. ·

Waar is die vryheid van spraak nou. Net Malema en sy travante het vryheid van spraak. Die land is siek verby.

Linda ·

Die mense in Suid-Afrika is moeg. Dinge gebeur te stadig of gebeur nie. Der duisende mense dink soos Nair, maar is te bang om iets te se !!! Ek voel dat Nair net n waarskuwing moet kry. Alles wat hy se is tog die waarheid !!!

Theo ·

Ek voel net soos Nair, oor die geweldige misdaad wat die anc voort gebring het.

SAPD tree nou vinnig aan vir werk ·

Sjoe, maar die SAPD kan nou vining spring om iemand te arresteer….
Wens SAPD wil hierdie selfde passie en toegewydheid gebruik om die moordenaars wat ons boere uitwis te arresteer en vonnis
Die ou woordjie waaroor hulle tog soooo sentitief is, is duidelik ‘n baie groter prioriteit as wrede moorde met voorbedagde rade

WILLIE ·

NAIR WORD TOEGESLUIT VIR ONDER ANNERE AANHITSING TOT OPENBARE GEWELD WAT VAN MALEMA SO DAN IS HULLE MOS BO DIE WET VERHEWE

Molly ·

Willie, dit is die interesante een “aanhits van openbare geweld”? Dis meer belangrik as die k-woord klagte. kom ons kyk wat doen die hof hiermee.

Niklaas ·

Wat wou hierdie kêrel probeer bereik het ? Almal weet mos van die gevolge van Penny Sparrow en Vicky Momberg se uitlatings.
Dis SA hierdie , mense , en die land se president word aangevat met die K woord. Het Nair nou gedink dat hy plotseling beroemd sal wees of wat ? Ek verstaan dit nie. Hy gaan meer probleme hê as wat hy kan hanteer. Sekere dinge moet eerder net nie gedoen word nie. Hy gaan sekerlik nie lig daarvan afkom nie.

Jan ·

Daars n grrot verskil tussen om iemand te beledig en iemand aan te hits tot geweld of n misdryf.dis twee totaal verskillende intensies

Belaglik ·

@Jan Ek stem 100% saam. Ek sien ook net beledigings, maar ek soek nog vir die aanhitsing waarvoor hy aangekla is.

Gert ·

Hoe mag jy iemand vir crimen injuria of rasisme aanhou in polisieselle, dit is nie ‘n ernstige misdaad volgens die wet nie. As ek hy is maak ek lekker geld uit die staat met ‘n siviele eis.

Willie ·

So het Malema delema niks oorgekom toe hy in die parlement vir Zuma n middle vinger gewys het nie…

Injustice ·

AANHITSING VAN OPENBARE GEWELD?? GROOTSTE GRAP NOG OOIT .. dit word net teen minderhede toegepas. MALEMA en ANDILE en honderde ander mense van kleur se AANHITSING tot geweld trek geen aandag nie. To slaughter whites alive, to burn them alive, to use their children as fertilizer, to kill all boers?? Hierdie land is in ‘n erger toestand as wat ek gedink het . wat’n INJUSTICE!

Rissiepit ·

“Overkill” in die ergste graad om die persoon sonder ‘n lasbrief te arresteer op aanklagte wat die wenkbroue laat lig. Laat terugdink aan die persone wat die naamborde in Pretoria terug gaan verander het en die polisie hoogveraad wou ondersoek. Dan wonder die polisie hoekom hulle so baie aan siviele eise betaal.

CHRISTA ·

Was Malema al ooit toegesluit oor sy uitlatings? Hulle mag ons net noem at hulle wil. Hulle ruk die dam onder die eend uit. Hardloop vir als hof toe soo stoet kindertjies. Dalk kry hulle geld uit die “deal”

Tertia Human ·

Terwyl jy nou so baie slim is hoekom open jy nie n klag van rasistiese aantuiging by die polisie nie teen Malema ook nie want wat hy doen en wat Nair gedoen het is geen verskil nie waarom nou die rasistiese kaart speel he???

Griek ·

Ek wens net dat moord en verkragtig kon ook so vinnig deur die SAPD hanteer word.

Casper Labuschagne ·

Ek het na ‘n ietwat gesensorde weergawe van sy video gekyk, en dit was ietwat amusant. Verseker het hy die staatspresident herhaaldelik beledig en beswadder, maar is dit nie presies wat algemeen gebeur teenoor persone in hoë posisies nie? Na berig word was Nair voorheen ‘n gas van Korrektiewe Dienste en hy praat presies soos die gevangenes ook praat en duidelik het hy ernstige griewe oor die toestand van die land. Ongelukkig vir Nair, het hy die verbode k-woord gebruik, dit op sosiale media geplaas en die knie-stoot reaksie van die horde wat soek na ‘n rede om woedend te reageer, het ingetree. Ten minste sal Nair in die selle dieselfde griewe kan herhaal teenoor ‘n simpatieke groep luisteraars sonder dat sy gehoor oor enige hoeveelheid k-woorde aanstoot sal neem, die k-woord is immers ‘n algemene deel van die tronk se spreektaal.

Ek wonder of as dit Mandela was, of Mandela nie tog eerder na Nair se griewe sou wou luister as om Nair terug in die tronk te sit nie?

Lerato ·

Waarheid

Jy beweer Ramaphosa het ons aan die Chinese uitverkoop.

Nou stel ek dit aan jou dat Ramaphosa ‘n bankrot staat geërf het, waar al die ondernemings in staats beskik baie diep in die skuld is.

My vraag aan jou is.

Wat moes Ramaphosa na jou mening gedoen het om die situasie te beredder?

@ lerato ·

RAmaphosa het nou die land aan die Chinese verkoop WIE Het hom bankrot gemaak? Apartheid? Die ou NP regering? NEE sy eie ANC mense . so hoekom wil jy nou part vat vir hom?

Casper Labuschagne ·

Lerato, ek vermoed dat as dit Mandela was en nie Ramaphosa nie, dan sou Mandela sê, kom vertel vir my wat jou griewe is, eerder as dat Nair in die tronk gestop word. En dit is iets van Ramaphosa wat my pla, welsprekend en met net die beste maniere stoomroller hy tog voort op sy eie pad, klaarblyklik sonder om te luister of te oorweeg, Ramaphosa het beslis en daarom sal almal inval.

Conrad ·

Sjoe, Lerato. Wou net vir jou sê jy het ‘n geldige argument en het dit goed gestel. Maar dis nie nodig dat ek dit drie keer sê nie, of hoe?

Die gekerm en gekla oor die Chinese grens in sommige kringe aan waansin.

Belaglik ·

Help my tog reg as ek verkeerd verstaan, maar ‘n paar dinge maak nie vir my sin nie.

‘n derde party het hom aangekla – NIE die ANC nie. Die ANC speaker het gesê hy is ‘n siek man en hulle steur hul nie aan hom nie, tog sit hy nou in die tronk. Beteken dit dan dat enige landsburger ‘n naamskendingsaak kan maak teenoor Julius Malema vir die herhaalde lasterlike en opswepende uitlatings teenoor die boere- en blanke gemeenkap van SA en hy dan gearresteer sal word?

Sal dit nie dalk sin maak om na die griewe te luister nie? Hoeveel Suid-Afrikaanse burgers deel sy gevoelens? Verseker nie net een of twee nie. Ons almal is bekommerd oor die misdaadstatistieke ens. En wie is tog maar die verantwoordelik persoon; die “gesig van SA”? Ramaphosa.

Moes hy die k woord gebruik het – Nee. Dis uitlokking en disrepekvol, maar dit het hy ook geweet en self gesê nou kan hy maar doodgaan….. Tog was hy duidelik desperaat om sy punt oor te dra en “to be honest” hoe anders word mens in hierdie land gehoor anders as om die “skoktaktiek” te gebruik? Hy wou mense se aandag trek, mense laat hoor wat hy te sê het. Het hy dit reggekry? Baie beslis.

Ongelukkig het hy die een verbode woord gebruik en daarom dra niks anders wat hy gesê het gewig nie? Dis jammer, baie jammer.

Buks Barnard ·

As die polisie maar net misdaad in dieselfde ernstige lig beskou het en met dieselfde flinkheid en geesdrif teen misdaad opgetree het…

Sê maar net ·

Ek is self ‘n baie bekommerde blanke SA burger wat moedeloos raak oor wat in ons land aangaan, maar om ons Staatspresident so uit te skel is laag en gemeen. Hoe kan jy verwag om respek te ontvang as jy dit nie eers aan die hoogste gesag kan toon nie? Ons wil almal verkondig dat ons christene is maar die Woord van God sê baie duidelik ons moet diegene wat oor ons aangestel is moet respekteer.
Hy moes geweet het hy soek vir moeilikheid!

Net so ·

Ek vermoed die man wou gearresteer word. Hy soek ‘n platform om sy griewe te lug sodat almal hom kan hoor, Watter beter manier as die k-woord. Nie eers as hy ‘n moord sou pleeg sou hy so vinnig soveel reaksie kon kry nie. Ek hoop sy brawade hou! Soos sy facebook blad te stel: Stay strong, believe in yourself

Lizzy ·

Wel, ek hoop maar met die Chinese wat gaan oorvat, bring hulle die doodstraf terug. Ek is amper seker hulle sal sodat ons ontslae kan wees van al die “vrot appels”. Hoop hulle begin punt is in die parlement… daar waar die wortels lê van die swam wat ons land so vergiftig en vernietig.

Wonder maar net ... ·

Lizzy, ek weet net een ding: die Chinese is nie lui vir werk nie so daar is ‘n paar mense wat maar gaan sukkel as dinge in daai rigting gaan …

CAROL ·

Jy is afrikaans spreukend so dus is jy n boer, ek is engels spreukend dus is ek n rooinek??? Reg of Verkeerd??

Afrikaanse Knaap ·

Hy moes eerder uitgevaar het teen die boere dan sou niks met hom gebeur het nie. Dis mos wettig.

CAROL ·

Jy is afrikaanspreukend dus is jy n boer – ek is engelsspreukend dit maak my n rooi nek??? of hoe??

Lerato ·

Hallo Waarheid

Toe stel ek die vraag. Wat sou jy in Ramaphosa se plek doen as jy in sy skoene sou staan.

Nou antwoord iemand met ‘n vraag. Wie het die toestand veroorsaak?

Duidelik verwar sommige die begrippe oorsaak en oplossing.

Louis ·

Nou hoekom is malema nognie inhegtenis geneem nie.dubbel standaard.wat hy is mos swart

Glen ·

So anc and malema (eff) can sing kill the boer and one bullet one settler.directly instigate murder of white people and farmers and that’s acceptable.if you prosecute this man then arrest malema and the ANC members instigating the same rasist remarks towards whites and Indians

Andre ·

Wat n grap hy is in hegtenis geneem vir aanhitsing vir openbare geweld nou vra ek wat van die agbare was hy al ooit een aand toe gesluit

Manie ·

Ek lees maar net die nuus en skud my kop. Hoekom kan mense nog so dom wees? Hou jou mond en gaan aan met jou lewe. Moenie sulke dinge op sosiale media se nie. Leer die mense nie? Dit gaan my verstand te bowe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.