ʼn 40-jarige vermeende brandstigter van die Wes-Kaap is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo vier afsonderlike brande op Tafelberg gestig het.
JP Smith, die DA se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en maatskaplike dienste in die provinsie, sê die man, ʼn buitelander, is met petrol en ander vuurmaakitems in sy besit vasgetrek.
Volgens Smith was twee helikopters, ʼn watertenk en twee brandweerwaens vroeër op die toneel om die brande te blus.
Theo Layne, woordvoerder van die Kaapse brandweer, sê dit is nog onduidelik presies hoeveel skade deur die brande aangerig is. Hy kon wel bevestig dat ʼn “groot area” aan die boonste hange van die berg afgebrand het.
“ʼn Ondersoek sal nog bepaal presies hoeveel skade aangerig is. Dit was nie onmiddellik moontlik nie omdat die grootste skade by rotsagtige gedeeltes van die hange aangerig is,” sê hy.
Volgens Layne was die situasie teen Dinsdagmiddag onder beheer. “Die brande is geblus en ons brandspanne sal die gebied monitor om te verseker dat die brand nie weer opvlam as gevolg van die weersomstandighede of smeulende hout nie,” sê hy.
Hy het bevestig dat die verdagte in polisieaanhouding is en het gesê ʼn ondersoek na die voorval duur voort.
Ek hoop net hulle kan by hom uitvind wie die opdrag daarvoor gegee het en hoeveel hy betaal is. Dit moet sabotasie wees, want waarom sal hy homself blootstel as daar nie geld op die spel is nie?
Stem saam Retha. Ek se nog altyd dit is brandstigting want daar was nog nooit so baie brande in die verlede nie.
Vermoedens bevestig.
daardie man moet nooit weer die son buite n tronksel sien nie.
Sluit hom toe en gooi sleutel weg.
Buitelander dis tyd dat hulle alle buitelanders terug jaag na hul onderskeie lande dan sal al hierdie brande, moorde, verkragting en ander misdade baie minder wees. Sluit hom toe en gooi die sleutel weg.
Hoop die regter neem die skade aan die ekologie ook in aanmerking en straf hom nog erger daarvoor ook. Na ‘n paar jaar in die tronk moet hy gaan terugplant teen die hange van Tafelberg. Met net ‘n grafie en swaar sake vol plante wat daar verwoes is.
En ‘n BAIE streng wag wat niks doen behalwe waghou nie. VOnnis klaar? Deporteer.