Man verdwyn in see by Drieankerbaai

(Foto verskaf deur die NSRI)

Die soektog na ʼn man wat Vrydagmiddag in die see by Drieankerbaai in Kaapstad verdwyn het, het nog nie enigiets opgelewer nie.

Robyn Silverstone, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Tafelbaai, sê die NSRI is omstreeks 15:50 ontbied oor ʼn moontlike verdrinking.

NSRI Bakoven se span is ook ontplooi en reddingswemmers van die NSRI, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Netcare 911, Kaapstad se wetstoepassers, Kaapstad se brandweer, provinsiale nooddienste en die EMS/AMS Skymed-reddingshelikopter het reageer.

“Die NSRI-reddingswemmers het in die water geduik en ʼn soektog aan die kus, in die see en lug is van stapel gestuur. Die toestande is bemoeilik deur groot golwe tydens die Lente-hooggety. Die polisie se duikeenheid is ook ontplooi.”

ʼn Ooggetuie het gesê ʼn man het in die water verdwyn toe hy in die moeilikheid beland het. Nog ooggetuies het later dieselfde berig.

“Ondanks ʼn omvattende soektog is daar steeds geen teken van die persoon nie. Niemand het ook nog na vore gekom om ʼn persoon as vermis aan te meld wat dalk met dié voorval verbind kan word nie.”

Die polisie se soektog duur voort.

Intussen is ʼn jong seun by Drieankerbaai gered wat met sy roeiplank in die golwe in die moeilikheid beland het. Sy roeiplank het teen die rotse geslaan en hy was tussen die golwe vasgekeer. “NSRI Bakoven het hom uit die water gered. Hy is ongedeerd. Sy roeiplank en later uitgespoel.”

(Foto verskaf deur die NSRI)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.