Man verpand glo hospitaal se dialisemasjien

Die masjien is in die middernagtelike ure uit die hospitaal gesteel. (Argieffoto: pixabay)

ʼn Verdagte is aangekeer net minder as ʼn maand nadat hy glo in die middernagtelike ure ʼn dialisemasjien uit ʼn hospitaal in die Chatsworth-omgewing gesteel het.

Die oudwerker van die hospitaal het op 24 Augustus glo die hospitaal binnegegaan en die “masjien sonder toestemming verwyder”, sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal.

“Hy het daarna die masjien verkwansel.

“Nadat hy sowat ʼn maand lank voortvlugtend was, het die polisie die verdagte in die Shallcross-gebied in Chatsworth aangekeer.”

Verdere ondersoek het die polisie na ʼn eiendom in die Umhlatuzana-township gelei waar die masjien, wat sowat R250 000 werd is, gevind is.

Dialisemasjiene word gebruik om die bloed te filtreer en te suiwer wanneer die niere nie meer werk nie.

Volgens Gwala sal die masjien mettertyd aan die hospitaal terugbesorg word.

Die 27-jarige verdagte sal na verwagting Woensdag op ʼn aanklag van diefstal in die Chatsworth-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Blikke ·

Ja nee en die pandjies winkel wat die masjien verpand het is net so lekker stupid….het hulle nou regtig gedink iemand sal dit kom koop?
Daars nie pille vir stupidity nie!!!

Adelaide ·

Hoe stap jy met ‘n dialisemasjien by ‘n hospitaal uit??? Dit pas mos nie in jou broeksak nie – dis ‘n grooooot masjien!!! Sekuriteit het seker iewers gelê en slaap.

JohanR ·

In 1994 het ons ‘n paar intellektueles gehad. 27 jaar later is net dommes oor, en hulle word ministers, burgermeesters en engineers by Eskom!

Toy ·

Om wat mee te maak, o nee wat gaan aan, Hoe gaan jy verby mense wat nagdiens werk en sekuriteit in die nag met so ‘n masjien.

Belinda ·

dis wat gebeur as dit chommie chommie gaan by plekke. stap daaruit sonder om eers vrae te vra want dis sy chommie…

Konrad1226 ·

Daar gaan pynappelsap in en dan gesuiwer tot alkohol en dan anderkant uit.

4ntj13 ·

Ék dink dis ʼn dief wat ook na poging tot moord kan kyk, want waar sou daardie pasiënte hul 2 tot 3x /week se dialise toe kon kry?

pieter ·

Lekker man lekker , gebeur net in die nuwe suid afrika , viva , viva

SjN ·

Die persoon/besigheid wat die masjien in ontvangs geneem het is dus medepligtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.