Man voor kliniek doodgeskiet

(Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Die liggaam van ʼn man is Woensdagoggend in ʼn motor buite ʼn kliniek in die suide van Johannesburg aangetref nadat hy in die kop geskiet is.

ʼn Tienerseun, wat oënskynlik in die motor was ten tyde van die voorval, het verskeie skietwonde opgedoen en is in ʼn ernstige toestand.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is net ná 10:30 na ʼn kliniek in Rosettenville ontbied.

“Paramedici het die liggaam van ʼn man in ʼn motor, wat aan die kant van die pad parkeer is, aangetref,” sê hy.

“ʼn 17-jarige seun het ʼn entjie verder op die sypaadjie gesit.”

Paramedici het die man ondersoek en bevind dat hy ʼn skietwond aan sy kop opgedoen het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die tiener is in sy arm en hand geskiet wat hom in ʼn ernstige toestand gelaat het.

“Hy is op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is,” sê Meiring.

Besonderhede rondom die skietvoorval is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christine ·

Sal interessant wees om te hoor wat die seun vertel, want dis ‘n indikasie of dit ‘n execution was. Tragies wat in ons land aangaan. Sterkte aan die seun wat hierdie ding moet verwerk.

quartus ·

” besonderhede rondom die skietvoorval ” Wat beteken dit ?. Gaan die voorval self nie ondersoek word nie, net die besonderhede ” rondom ” die voorval, ?

Althes ·

Die Minister van Polisie moet verduidelik waarom geweldsmisdaad buite beheer is. Ñ Lewe in SA is niks werd nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.