Mans in hof oor beweerde Uber-verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Uber-passasiers ontvoer, beroof en verkrag het, het Dinsdag in die Randburg-landdroshof verskyn.

Die beskuldigdes, waarvan een ʼn voormalige Uber-bestuurder is, word verbind met vier sake die afgelope paar maande waar passasiers glo verkrag en beroof is.

Staatsaanklaer Yusuf Baba het aan die hof gesê hy wag op die direktoraat vir openbare vervolging om ʼn besluit te neem of die saak na die streekshof of hooggeregshof verwys moet word.

Die saak is uitgestel tot 6 Februarie 2017.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
donovan

Uber se tariewe is laer as tariewe van ander taxi-besighede. Uber-drywers wat hulle die motors gebruik en dus eintlik eenman-besighede is, word nie erg hierdeur benadeel nie. Hulle werk maar net langer en harder. Daar is egter taxi-besighede wat by uber inskakel. Dit beteken die drywer en uber EN die taxi-bezigheid moet betaal word, terwyl uber se tariewe steeds dieselfde bly. So die gevolg is dat die drywers dan baie minder geld maak. Voeg by dat uber uit en uit op kredietkaarte werk, so daars bitter min kanse vir tips met kredietkaarte of kontant. Die gevolge is onvermijdelijk dat die… Lees meer »

Ruby

Hierdie krimineel het met voorbedagte rade by Uber aangesluit, dalk om Uber in ‘n slegte posisie te stel?

Vir my werk Uber uitstekend, altyd skoon en volg die pad reels!

Al verdwyn Uber sal ek nie gebruik maak van die taxis wat motoriste en hulle self se lewe in gevaar stel.

donovan

ek regverdig nie dat uber drywers hulle passasiers aanrand en besteel nie. Maar dis omdat taxi-besighede ook deel van die uber-stelsel word, dat uber-drywers sulke lelike goed doen uit frustrasie oor hulle swak inkomste. bestaande taxi-besighede behoort verbied te word om by uber in te skakel. uber moet bly wat dit oorspronklik was: privaat-mense met hulle eie motors wat uber drywers word. DIT is behoorlike werkskepping – nie om te werk vir n taxi-maatskappy wie se baas net incash en die drywers uitbuit nie.

Denise

Donavan jy maak nog steeds geen sin nie waar kan jy mense uit frustrasie aanrand en verkrag asgevolg van n swak inkomste ?????? Without prejudice!!!!!

Theresa

Donovan, ek verstaan wat jy probeer sê. Dat Uber sy geloofwaardigheid en veiligheid verloor omdat die taxi-bedryf aansluit. Hul MOET dit stop en soos in die begin onafhanklik funksioneer. Veilig, betyds, skoon, gehoorsaam aan padreëls. Iets waarop enige mens wat ordentlik en veilig op ‘n plek wou aankom, kon staatmaak. Nou ly Uber ook maar, want hul het verkeerde mense laat inkoop in hul doen en late. Duisende mense wil nie taxi ry nie, a g v misdaad, geen respek vir lewens of padreëls, bewyse van ongelooflike ongelukke, ensovoorts. Die aanrand/verkragting/besteel van enige passasier in enige publieke voertuig moet baie… Lees meer »