Mans swaar gestraf ná rooftog in Oos-Kaap

(Argieffoto: Unsplash)

Twee mans is vandeesweek in die Bizana-streekhof in die Oos-Kaap op twee aanklagte van roof skuldig bevind en gevonnis nadat hulle en nog twee makkers vier jaar gelede op ’n Jet-klerewinkel op die dorp toegeslaan het. Kontant ter waarde van R20 000 en selfone is tydens die rooftog gebuit.

Lwando Zenzile, woordvoerder van die Valke, het in ’n verklaring gesê een van die mans, Silungile Mabengu (27), is Vrydag tot 15 jaar tronkstraf op elk van die aanklagte teen hom gevonnis. Mabengu ’n eerste oortreder.

Die ander man, Nkosivumile Bhekisifo (33), is tot 18 jaar tronkstraf op elk van die aanklagte teen hom gevonnis. Hy het vorige veroordelings teen hom.

Dié vonnisse sal in albei gevalle gelyklopend uitgedien word.

Volgens Zenzile het Mabengu en Bhekisifo in Mei 2016 saam met twee makkers by die Jet-klerewinkel op Bizana ingegaan onder die voorwendsel dat hulle klante is.

“Hulle het ’n paar minute later die winkelbestuurder en ander personeellede met vuurwapens oorval en op die kluis se sleutels aangedring waarna hulle met R20 000 en selfone weggekom het.

“Voordat hulle laat spaander het, het hulle die CCTV-kameras met uitgeruk en almal in die kontantkantoor toegesluit.”

Niemand is destyds in die rooftog beseer nie.

Volgens Zenzile is Mabengu en Bhekisifo ook Vrydag onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Snowball ·

Niks fout met dié straf nie, maar dit laat mens besef die boete vir die taxibestuurder wat twee mense hul lewe kos is absurd verby – dit gee nuwe betekenis aan die reg om te moor in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.